Geverifieerde Resensie
South Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in South Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 2135 resensies.
"Lekker stil kusdorpie, het as kind elke vakansie daar spandeer en gaan nog steeds elke vakansie terug soontoe."
"As jy van die beach hou en jy is jonk is daar baie te doen. Vir ouer egpare vind ons nie veel om te doen nie. Elke dag n ander coffee shop? "
"Margate is 'n verskriklike lekker plek. Een van die mooiste plekke wat daar is. Dis lekker naby alles: Kart Freaks (baie lekker plek) Lake Eland, krokodilplekke, ensovoorts"
"Baie netjiese omgewing, min geriewe vir toeriste, maar baie rustig en skoon."
"Lovely, quite town. The local Quick SPAR and deli/ butchery nearby had friendly welcoming staff. Everything you need is a short drive away. The beach was stunning. Definitely offers an oasis away from the hustle of city life. "
"Aangenaam verras, sal definitief teruggaan. Plek om vakansie te gaan hou as jy wil wegbreek van die besige stadslewe."
"Daar is wonderlike eetplekkies en strande om te verken. Sowat 3 km van Calamari af is 'n pragtige skoenlapperplaas. Margate se strand is net 20 minute se vinnige stap strandlangs. "
"Great town. All amenities are close by. The sea and beach are better than Durban. Lots of rock pools along beaches."
"Dit sal lekker wees as Margate se swembad reg was om in te swem. Margate se akwarium was ook buite werking. Om Margate 'n beter toeristebestemming te maak, stel ek voor hulle kyk daarna. Ons wil in die water speel, vissies sien ens. Hulle moet die plek weer 'n bietjie opkikker."
"Die pragtige Blouvlagstrand kry nie te veel besoekers nie, die see is gewoonlik nie koud en ontstuimig nie. Met laaggety is dit redelik veilig om in die getypoel te swem. Ons is nie bewus van enige misdaad op die strand nie. "
"Dit is heerlik stil en rustig. Ons 6-jarige tweeling het die strand vreeslik geniet. "
"Die naaste winkels is in Port Edward (ongeveer 5 - 10 km weg) maar dit is nie 'n probleem as jy goed beplan nie. Die omgewing is baie veilig en daar heers 'n baie lekker vakansie atmosfeer met gesinne wat strand toe loop en lekker kuier met verbygangers. Die strande is baie skoon en veilig en word baie mooi versorg."