Verified Reviews
South Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in South Coast
Rated 4.4 out of 5 based on 2056 reviews.
"Baie veilige swemplek vir diegene wat rustigheid verkies. Selfs buite-seisoen was daar lewensredders aan diens. Umzumbe is naby aan Port Shepstone as jy inkopies wil doen en 5 minute weg van Hibberdene wat ook basiese winkels bied. Ons sal weer draai in Umzumbe kom maak in die toekoms "
"Lieflike plekkie, Waffle Huis is 'n moet op jou besoek. Die strande is skoon en pragtig en enige iets wat jy moontlik mag nodig hê is maklik bekombaar."
"Hierdie was ons derde keer in Uvongo. Ons eerste was ons wittebrood, 14 jaar gelede en so 5 of 6 jaar gelede was ons weer hier. Ons hou baie van Uvongo omdat daar 'n hele paar strande in die nabyheid is en sy eie strand is lekker privaat en nie te besig nie. Geniet dit altyd hier!"
"Ramsgate is 'n rusplek, moenie daarheen gaan as jy vermaak wil word deur malls en luukse resturuante nie, perfek vir wegbreek van alledaagse lewe."
"Perfek vir die stiller maande, ek dink in seisoentyd kan die nouer strate dalk 'n probleem wees."
"Lekker stil, maar naby genoeg aan groter plekke as mens behoefte het daaraan. Die strand is skoon."
"Baie rustige area met alles en nog meer wat jy nodig het. Sentraal geleë vir alle besienswaardighede."
"Strande is lieflik! Baie en genoeg winkels en restuarante naby. Verkeer op Marine drive die enigste slegte punt. "
"Manaba is 'n baie lekker plek om vakansie te hou, maar ek dink hulle moet aandag skenk aan die houttrappe wat afgaan na die strand. Die laaste trap is te hoog en onder dit is klippe wat dit moeilik maak om op en af te klim. Verder is Manaba 'n heerlike plek met 'n lieflike swembad en winkels op jou voorstoep. "
"Leisure Bay is in my mening 'n baie lekker toeristebestemming. Dit is naby aan die Waterpark by die Casino en Mac Banana is net 'n wonderike plek. Daar was 'n paar dae wat daar redelik mense op die strand was maar ons het nooit gevoel dat dit te besig was nie. Ek moet sê die lewensredders was baie goed. Hulle was die hele tyd bedag en het gereeld seker gemaak die mense is waar hulle moet wees. My tiener dogter het haar voet gesny op die rotse. Dit was nie te ernstig nie maar daar was baie bloed. Hulle het die wond baie mooi skoongemaak en ek was regtig beïndruk. Ek kan regtig se ons het lekker vakansie gehou. "
"Rustige, lekker strand. Stil area. The Rock is 'n lekker plek om tyd te spandeer met vriende en familie. "