Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35608 resensies.
"Ek was nie eintlike beïndruk met die dorp self nie, maar sal weer teruggaan vir die Grotjie."
"Paternoster is an unknown, yet beautiful treasure. The people are very nice, the vibe of the people by the beach is great and the quaint heartiness of small villages is fantastic."
"Sien uit daarna wanneer die paaie klaar is om weer te gaan."
"Dis 'n pragtige, skoon plek met fantastiese argitektuur en winkeltjies wat 'n mens ure kan besighou."
"Ek is mal oor Lambertsbaai. Dis 'n plekkie wat jou sielsrus gee en dat jy die nuwe week weer kan aanpak met 'n geruste hart. Beste plek om bietjie tyd te bestee, veral Isabellas Restaurant was baie lekker. "
"Paarl is waarlik 'n bekorende stukkie Wes-Kaap wat elke toeris se asem sal bekoor. Baie besienswaardighede en lekker kuierplekkies. "
Stellenbosch Sentraal, Wes-Kaap
Laanhof"Wonderlike restaurante en winkels in Sentraal Stellenbosch."
"Naby Somerset Mall en die lughawe is binne 20 min bereikbaar."
"Dit is 'n pragtige dorpie met die mooiste ou geboue. Die natuurskoon van die omgewing en die ligging van die dorp maak dit ook lekker om met 'n kamera rond te stap. Daar is altyd iets moois om af te neem."
"Awesome area to stay. Out of the craziness of the busy town centres, but still centrally located to get to many places quickly!"
"Ek sal ander toeriste aanbeveel om gerus hierdie plek te gaan besoek. Dis 'n baie rustige omgewing waar jy lekker kan rus en ontspan. "
"Dit is 'n pragtige rustige plek. Ons kon selfs 8uur in die aand gaan stap! Die mense is vriendelik en die dorp is so skoon! Baie dankie vir 'n onvergeetlike tyd. Ons sal beslis weer daar gaan "kuier"."
"As jy rustig wil wees en die natuur wil geniet, is Paternoster die plek. Indien jy hou van winkelsentrums bly weg."
"Ons het geëet by Weskus plaaskombuis op die hawe. Die seekos-platter was baie lekker en goeie waarde vir die prys. Ons het ook Clanwilliam toe gery wat baie plekke het om by te woon. Die Rooibosfabriek het baie goed om te koop, heerlik rooibos produkte."
"Pêrel van die Boland! Gerieflik geleë. Dorp met karakter en geskiedenis. Die plase in die dorp maak die Paarl. "
"Met die foto's wat ek geneem het en aan my vriende gestuur het, het ek net waardering ontvang van die dorpie se tydlose boustyl!"
"Fantastiese vakansiedorp. Stil en rustig, maar naby genoeg aan die stad om ook dit te beleef."