Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Soos talle ander klein dorpies, maar die natuurskoon is onverbeterlik."
"Ons het al voorheen by Wildernis gebly en het daarom weer daar bespreek. Die 4 ster was net nie wat ons verwag het nie. Ons vorige ervarings was uitmuntend, asook al die eetplekke wat ons besoek het."
"Vir enigiemand wat 'n middelpunt soek om die omliggende dorpe en besienswaardighede te besoek, is Lambertsbaai ideaal."
"Well maintained road infrastructure, close to shopping malls and central to most tourist sights. Area kept neat and clean."
"In teenstelling met die gekommersialiseerde Weskus, het Struisbaai nog 'n kleindorpse atmosfeer. Die mense is warm en vriendelik en daar is allerlei doendinge in die kontrei. Die Pelican-restaurant by die hawe is 'n besoek of twee of drie, werd. Die lang wit strand en die plankiespad oor die fynbos bied asemruimte vir enige stadsbewoner. Ons sal weer kom!"
"Ons geniet dit om in Hartenbos vakansie te hou aangesien ons lekker kan stap sonder om oor ons veiligheid bekommerd te wees. Die walvisse was net min vanjaar, maar dis nie Hartenbos se skuld nie."
"In vergelyking met vorige jare het dit bietjie agteruit gegaan. Nog steeds die moeite werd."
"Die baai self is 'n pragtige plek, sal vir enige een aanbeveel om te gaan draai op die strand."
"Die Cederberge is 'n heerlike naweekbestemming vir Kapenaars, daar's selfs 'n paar wynplase! Maar 'n week daar sal jou lekker laat ontspan. Ek gaan graag weer, volgende keer vir langer."
"Ons woon al 7 jaar in die Kaap en wou nog altyd McGregor besoek. Omdat dit nie op enige hoofroete geleë is nie, het ons verskeie kere verbygery en nooit afgedraai nie. En daarin lê die dorpie se bekoring. Jy moet 'n klein bietjie moeite doen om daar uit te kom (as mens die 20 km van Robertson af as moeite kan beskou), maar jy word beloon met 'n rustigheid wat moeilik te vinde is ."
"Daar is baie om te sien en te doen en is 'n baie mooi deel van ons land."
Woodbridge Island, Western Cape
The Beach Room"Maklik bereikbaar, veral met die besige verkeer in Kaapstad. Die ligging is sentraal en ideaal vir mense wat die hele skiereiland en omliggende areas wil verken. 'n Heerlike strand vir 'n verskeidenheid van wateraktiwiteite."