Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35606 reviews.
"Die dorp het 'n karakter wat mens vinnig opval. Die lewe op 'n Saterdagoggend herinner aan vervloë dae!"
"Het nooit geweet in so 'n klein dorpie is daar so baie om te sien nie en 2 dae is net te kort, sal definitief weer kom besoek."
"Ons kom weer kuier. Die plaslike restaurant is baie mooi en gesellig maar ons was teleurgesteld met die spyskaart. Gelukking is dit naby ander plekke wat uit die boeke kos maak. Jacobsbaai is werklik 'n besonderse plek."
"Dit is en bly 'n gerieflike halfwegstasie vir reisigers vanuit Gauteng."
"Sal baie graag terugkom sodra die warm swembad en slides klaar is, dink gaan baie nice wees en dan is suidersee se verbkyf ideaal vir kinders om net oor die pad te stap."
"Baie rustig en stil, ideaal om net te ontspan en niks doen. Restaurante en winkels geweldig duur."
"As die wind waai dan waai hy, jy waai weg. Neem genoeg vermaak as jy nie kan uit. Beveel Wanda's retaurant aan. Gehalte vars kos en lekker atmosfeer. Neem net n bottel wyn saam."
"Mosselbaai is 'n wonderlike toeristebestemming en sal beslis aanbeveel. Die diens by die winkels in Langeberg Winkelsentrum is uit die boonste rakke; personeel is vriendelik en vreeslik behulpsaam."
"Nie regtig tyd gehad om Klapmuts te verken nie, maar was darem by butterfly world gewees wat regtig baie mooi was."
"Die dorpie De Rust bied goeie verblyf en interessante winkels en eetplekke. Daar is 'n vulstasie, maar die plek se voorkoms laat veel te wense in 'n mooi dorp soos De Rust waar baie besoekers aandoen. "
"Langebaan is definitief 'n plek waar mens kan ontspan en deel word van jou omgewing."
"Wildernis is 'n baie oulike toerisme dorpie met pragtige natuurskoon van die see asook riviere. Die dorp het veral baie goeie restaurante wat ons vreeslik geniet het. Wildernis is ook baie naby aan George en Knysna geleë vir lekker uitstappies na die groter dorpe."