Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Pragtige, skoon dorpie. Dis regtig 'n juweel in die Karoo en 'n moet om te besoek. Om deur die Swartbergpas te reis was een van my beste ervarings ooit."
"Prince Albert en die Swartbergpas is werklik 'n moet-sien. So ook die nabygeleë Meiringspoort. Reisigers na Suid-Kaap vanaf Gauteng kan gerus die N12 vanaf Beaufort-Wes neem en die baie besige N1 vermy. Prince Albert is dan die ideale oornagplek, en jy kan dan maklik by die Kango-grotte aandoen nadat jy die Swartbergpas oorgesteek het en honderde foto's geneem het."
"As jy inkopies wil doen is die Garden Route Mall net die plek. Baie parkering en genoeg winkels om van te kies."
"Stil plekkie waar rustige natuurskoon belangriker is as restaurante en inkopiesentrums. Alegria en De Palms is puik restaurante in die omgewing. "
"Oulike rustige dorpie, interessante winkels, lekker geëet by Isabella - kan dit beslis aanbeveel. Die strand en dorpie is skoon en netjies. "
"Die dorpie, soos baie ander in Suid-Afrika, is baie verwaarloos, maar daar is baie potensiaal."
"Gaan besoek die Kango-grotte, doen die avontuurtoer en eet 'n volstruiseier vir ontbyt en kyk die sonsondergang in die swembad met 'n duur bottel wyn."
"Oudtshoorn is worth travelling to with a family, friends or partner. It is filled with plenty of activities for the fit and unfit. I especially enjoyed the camel rides, the friendly people of the area and the fantastic mountain views from the road, especially the Swartberg Pass!"
"Daar is vir my mooier plekke nader aan Kaapstad, maar as mense 'n regte Weskus-ervaring soek, is Lamberts seker lekker!"
"Op pad Kaap toe ry ons nooit Prins Albert mis nie, dit is die moeite werd om daardie paar kilometer van die N1 af te draai. Beplan jou reis so om daar te oornag. Dit bied jou die opsie om verder met die N1 Kaap toe te ry of na Hartenbos via Meiringspoort of oor die Swartbergpas."
"Die deli se kos en diens is uitstekend ... plattelandse gasvryheid bestaan nog! Selfs die diens by die vulstasie is met 'n glimlag gelewer!"
"Ons het slegs oorgeslaap op pad na ons vakansiebestemming by die see. Die dorpie is baie netjies en skoon en die geboue skep so 'n "kom kuier weer"-gevoel by 'n mens."
"Stellenbosch is my alma mater, so ek sal altyd 'n sagte plekkie vir die dorp hê. Dit bly vir my 'n mooi universiteitstad - vandag 'n gebalanseerde mengelmoes van ou goed en moderne ontwikkelinge."
"Ons leef in 'n stukkende en siek wêreld waar ons skuil agter elektriese heinings, alarms, tralies en mensvreter-honde. Hier kon ons genadiglik ontsnap van daardie wêreld. Hier kon ons slaap met 'n oop deur en oop venster. Hier kon ons lê en luister na die naggeluide en nie na sirenes en karre se gejaag nie. En as die son sak en alles tooi in die diepste kleure...dan voel jy één met jou Skepper."
"Not on the beach front but close enough to walk to it. We didn't explore the area (were there for a wedding). "
"Kleinbaai is eintlik 'n bestemming vir Wit Haai-liefhebbers. Nie wonderlik nie."