Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Eerste keer daar, maar sal definitief terugkeer. Was te kort gewees en het oulike restaurante."
"'n Baie mooi en rustige plek vir 'n vakansie, of om net van die gejaagde stadslewe weg te breek. "
"Pragtige dorp met wonderlike gerestoureerde geboue en huise en pragtige winkeltjies."
"Dit was regtig 'n belewenis vir ons Sweedse vriende om hierdie unieke dorpie te ervaar. Hulle het ook die Voorstrand Restaurant baie geniet. Tietiesbaai was ook 'n hoogtepunt!"
"Sekerlik een van die Weskus se geheime wat baie goed bewaar is! Fantastiese skoon strande en lae kommersiële impak beteken dis nog 'n plek waarheen mens kan wegbreek sonder om deel te voel van 'n toerismenes."
"Convenient to most wine routes and gholf courses in and around Stellenbosch, with a beautiful view of the mountains."
"Nie 'n toeristebestemming nie, behalwe vir die Karoo Nasionale Park waarvoor ons nie tyd gehad het nie."
"Dis nie regtig 'n toeristebestemming nie, eerder 'n blyplek vanwaar 'n mens gemaklik by die toeristeplekke kan uitkom."
"Twee uitstaande maaltye geniet - een by The Cabin en ander op die hawe. Bewaar dit soos dit is."
"The Shed Farmstall en Lucern Lodge is sowat 26 km buite Beaufort-Wes, maar die dorpie self is 'n belewenis."
"Die Paarl het ons verras! Sulke mooi plekkies om te besoek! Tea under the trees was ongelooflik! Ons sal beslis weer teruggaan soontoe."
"Dit was opvallend hoe skoon die strate was. Pragtige ou Karoodorpie - ons sal beslis weer daar oorslaap en verder verken."
"Ek verstaan hul wil toeriste lok, maar deur die pryse so op te jaag, jaag hul ons plaaslike Suid-Afrikaners weg. Dit bly wel 'n lekker area. "