Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35325 reviews.
"Ek was verbaas om te sien hoe die dorpie agteruit gegaan het vandat ek 'n paar jaar gelede daar was. Daar is nie meer soveel koffiekuierplekkies nie en amper geen volwaardige antieke winkel nie. Gelukkig stel die wynplase nie teleur nie. Paddagang se tradisionele ete was heerlik, Waverley Hills (op pad na Wolseley) se ontbyt was onverbeterlik, asook hulle wynproe. Ons het wonderlike diens by Twee Jonge Gezellen se Krone en Saronsberg gehad en die beste wynproe aanbieding deur Riaan by Oude Compagnies Post! Montpellier se diens was uiters teleurstellend, ons het lank gewag met net 2 persone wat rondgehardloop het om almal te bedien en die aanbieding van die wyn was onpersoonlik en afgejaag. Alles en alles het die natuurskoon dit die moeite werd gemaak!"
"Weskus rustigheid op sy beste. Brittaniabaai is deel van die Golden Mile - lieflike strandgebied vir stap/draf en kuier by die see. Ideaal geleë om die res van die Weskus te verken."
Van Riebeeckstrand, Western Cape
Leeward Lodge"Kan nie juis praat oor Riebeeckstrand nie, maar Melkbosstrand is 'n lieflike plekkie."
"Lekker klein dorp-gevoel. Mense is gaaf, maar toeriste word bietjie uitgebuit tydens die seisoen - gastehuise en restaurante."
"Het dit so geniet. Was net 3 dae daar, maar gaan einde 2020 probeer om sommer 2 weke te gaan."
"Uitstekende plekkie om weg te kom van die stad se gevoel, maar ook naby genoeg winkels indien nodig!"
"Pringle Bay is a beautiful seaside village, surrounded by mountains and the ocean. The beach is one of the most beautiful I have ever seen and if you are lucky you may catch sight of the baboons playing in the lagoon on the beach, which I was very privileged to have seen. It is the perfect place to get rest and see nature at its best."
"Fantastiese dorpie om te besoek met die vriendelikste mense."