Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Hulle sien ons beslis weer. Vriendelike verwelkoming deur al 3 meisies by ontvangs. Regtig die moeite werd. Baie mooi area. "
"Franschhoek is die skat van die Wes-Kaap, 'n mengelmoes van goeie dinge wat jou uitgerus laat voel na 'n besoek."
"Saldanha die beste plek ooit. Sal maar altyd terugkeer na hierdie plek. Mooi plek met pragtige uitsigte en die gemeenskap so vriendelik. Hulle laat jou sommer tuis voel. Sal weer daar gaan kuier."
"Saldanha is 'n lieflike plek en die mense baie vriendelik. Die uitsigte oral is asemrowend en ek het die plek baie geniet. Sal weer 'n besoekie aflê aan Saldanha. "
"Die beskikbaarheid van goeie restaurante was baie beperk. Behalwe die gewone gesinsrestaurante, wat nie altyd in 'n moeë reisiger wat nie blootgestel wil word aan jong kinders nie, se smaak val nie, was daar slegs twee restaurante, waarvan een definitief nie aan ons smaak voldoen het nie, veral omdat dit eers hul deure teen 19:00 geopen het. Die ander restaurant was heel aangenaam."
"I chose Bredasdorp specifically as a stay over place as I am writing travel blogs and posting photographs on social media relating to each place travelled. "
"Daar is nie veel om te doen nie, maar kan Fowlers Grill vir seker aanbeveel as eetplek en die Mountain Mill Mall het fliek en eetplekke en genoeg winkels as jy wil uitkom en iets nodig het."
"Die eenhede vir 2 persone is baie klein, voldoende vir 'n dag of twee se verblyf, maar kan dalk klaustrofobies raak oor 'n langer tydperk."
"Oulike vakansie dorpie, veral die hawe met sy snoekvangste was vir ons 'n eerste."
"Dit wil voorkom of die munisipaliteit die strate begin skoonmaak. Lyk beter as 'n jaar gelede."
"Kies net die regte dag om op te gaan, anders gaan jy niks sien van bo af nie. Mistigheid wat dit veroorsaak."
"Vir diegene wat stilte en rustigheid soek, is Tergniet in Meimaand die regte plek. 'n Pragtige, natuurskone dorpie wat perfek skoongehou word. Ons was gelukkig en het die mooiste, sonnige en warm herfsweer geniet. Kon lekker lank gaan stap op die pragtige strand."