Flip Flops
Kry 25% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 3 Mei 2024 tot 31 Aug 2024.
- Kapasiteit: 7 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wesselstraat 7, L'Agulhas, 7280, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R2 630R1 973 per nag (plek vir 7)
Beskrywing
Flip Flops is 'n gerieflik gemeubileerde selfsorghuis met slaapplek vir 7 gaste, slegs 200m van die see in Agulhas; die mees Suidelikste dorpie in Afrika.
Die hoofhuis beskik oor 3 slaapkamers, 1 badkamers, 'n kombuis en sitarea. Twee van die slaapkamers het elk 'n dubbelbed en 2 matrasse met beddegoed waarop kinders kan slaap is op versoek beskikbaar. Die Kamers deel die gebruik van die badkamer wat 'n stort het.
Die derde, parte slaapkamer het 'n stapelbed en enkelbed, 'n kombuisie en die badkamer het 'n toilet. Linne word voorsien, maar gaste moet sb. hul eie bad- en strandhanddoeke saambring.
Die hoofhuis se kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe en gaste kan hul maaltye om die etenstafel met stoele geniet. Die sitkamer het 'n kaggel en 'n TV. Gaste moet asb. hul eie dekodeerder en slimkaart saambring om DStv te kyk, maar daar is ongelukkig nie koppelpunte vir PVR's nie.
Verder het gaste toegang tot die 2 braai-area's, waarvan 1 aan die voorkant van die perseel is en die ander area aan die agterkant is. Troeteldiere is welkom indien vooraf gereël is. Let asb. dat die motorhuis nie ingesluit is nie.
Gaste kan ontspan, visvang en swem in die rotspoel in L'Agulhas, die mees suidelike punt van Afrika besoek of die vuurtoring uitklim en die asemrowende uitsig bewonder. Daar is verskeie doendinge, soos restaurante, strande, swem, fietsry, perdry, bergfietsroetes, visvang, voetslaanroetes, walviskyk, duik tussen skeepswrakke en vele meer.
Slaapplek
’n Bespreking by Flip Flops sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Kaggel
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.4/5
Jeanne Geverifieer
Eiendomme 18
Resensies 40
Jare op LekkeSlaap 2
Ligging
- Wesselstraat 7, L'Agulhas, 7280, Wes-Kaap
- Gaste dink Flip Flops het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Agulhas Struisbaai Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 7 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wesselstraat 7, L'Agulhas, 7280, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom