Geverifieerde Resensie
Great Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Great Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2599 resensies.
"Mal oor Prins Albert. Kan oor en oor weer teruggaan. Een dag is te min, volgende keer bly ons langer."
"Die Chris Barnard Meuseum is regtig interresant en leersaam en 4 Sheep restaurant by die Caltex Garage is ‘n moet vir watertand boerekos opsies."
"Die enigste groot attraksie is die Sentraal Karoo Park wat beslis 'n dagbesoek of meer werd is."
"Prins Albert is 'n verskriklike lekker, rustige dorpie om net van die gejaag af weg te kom, net jammer dis so ver van die Kaap af."
"Bedelaars bederf 'n mens se toeriste-ervaring, ten spyte daarvan dat 'n mens deernis met hulle omstandighede het."
"Dorpie is maar eenvoudig, maar mense baie gasvry en behulpsaam. Die teerpad vanaf Leeu-Gamka is 'n bonus!"
"In hierdie moeilike tye moet pryse maar gemik word op Suid Afrikaners en nie die oorsese besoekers se bekostigbaarheid."
"Prins Albert het my verras met klein weggesteekte juweeltjies en die karoo landskap rondom die dorp is verrassend anders as dit wat jy sien rondom die N1 pad daar naby."