Verified Reviews
Great Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Great Karoo
Rated 4.3 out of 5 based on 2570 reviews.
"Hoofstraat ongelukkig vuil en plek-plek verwaarloos. Chris Barnard museum kan besigtig word. Petroljoggies en personeel by Engen verdien om genoem te word. Baie vriendelik en behulpsaam."
"Net jammer dat ons oral gewaarsku is dat diefstal in die dorp oral handuit ruk. Toeriste moet maar seker maak dat alles behoorlik gesluit is as hulle in die hoofstraat wil stop. 4Sheep bly maar die lekkerste eetplek in die dorp!"
"Ons beplan gewoonlik om die middag uit die Kaap uit weg te kom, om dan 5 ure later in Beaufort-Wes oor te slaap. Dit maak die pad die volgende dag net soveel korter. Ons sal altyd daar oornag. "
"Altyd lekker om in die Klein Karoo oor te bly, die natuurskoon spreek boekdele vanself. Pragtig! Dis die heel beste wat ek dit kan uitdruk uit 'n menslike oogpunt."
"Vreeslik aangenaam verras deur Prins Albert - soveel karakter en skoon, netjiese strate. Heerlike atmosfeer en uitstekende restaurante! Lieflik ook vir fietsry en stap! Definitief aan te beveel!"
"Prince Albert is a beautiful little village at the end of the Swartberg Pass. Choose your season carefully, as it can be very hot and dusty in summer time and apparently very cold in mid-winter."
"Was so warm en droog toe ons deur gegaan het Kaap toe, maar met terugkom het dit lekker gereën en alles lyk skoon en oop."
"Lyk na 'n interessante dorp, ons was Sondagmiddag daar en al die mooi plekke was reeds toe."
"Beaufort-Wes is en sal seker maar altyd die oornagstilhouplek wees vir reisigers en vakansiegangers, wat die lang pad aandurf van die binneland na die kus. "
"'n Besondere toeriste bestemming met 'n uitstekende museum! Sal altyd weer wil teruggaan. Swartberg hotel se etes is onverbeterlik."
"Have been there several times and every time something new. A dinner at the Swartberg Hotel is a must!"
"Dit bly maar 'n baie interessante plekkie met die ou geboue en alles wat daarmee saamgaan."
"Beaufort-Wes het alles wat jy sal benodig vir jou verblyf en 4Sheep restaurant gee altyd goeie diens."