Verified Reviews
Great Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Great Karoo
Rated 4.3 out of 5 based on 2570 reviews.
"Hoop ons kan volgende keer iets te siene kry by 'The Showroom'. Só 'n baie oulike aanwins vir Prince Albert. "
"Dis n mooi dorp in die Karoo, tyd van winkels wat toemaak bietjie te vroeg vir 'n reisiger wat baie besienswaardighede in 'n dag inpas."
"Ons was daar op 'n Vrydag aand. Dorp was morsdood. Het gesukkel om plek te kry waar ons kon eet. "
"Ons het gesukkel om die address te kry. Het laat die middag daar gearriveer, so nie baie rond gery nie."
"Good stop over and convenient. Very quaint when you move further away from the main road and into the town itself."
"We could see the effects of the ongoing draught, but other than that, its a good place, with a halaal restaurant, we could even enjoy a very good meal."
"Baie werklose persone wat in die strate rondloop, gee 'n mens die indruk dat veiligheid 'n probleem mag wees."
"Taxi verkeer was ongelooflik en uiters gevaarlik die oggend om 05:30 uit Beaufort-Wes na die Kaap! Taxi bestuurders het in aankomende verkeer gery en geen hoflikheid getoon teenoor mede padverbruikers nie. 3 ongelukke naby Beaufort-Wes. Sal nie weer in Beaufort oorslaap!"
"Is maar net die bekommernis oor die droogte en die hoofstraat was 'n bietjie vuil."
"Ons het nie eintlik tyd gehad om besienswaardighede te besigtig nie. Ons bid vir reën vir Beaufort-Wes. Dis is verskriklik droog!"
"Prins Albert was 'n aangename verrassing. Dorpie is pragtig, mense vriendelik en die omgewing asemrowend."
"Lieflike dorp! Ons wens ons kon langer oorbly om die dorp en die omliggende besienswaardighede te verken. "
"Sou verkies om bietjie vroeër daar weg te kom, maar hulle ontbyt begin eers om 7, dus kom jy nie weg daar voor 8 nie, as jy nog 'n lang pad het wat voorlê is dit n bietjie te laat."
"Lieflike dorpie, waar jy kan voel die wêreldse invloed het nog min skommelings daar veroorsaak. Dit voel of tyd stil gestaan het en dit laat jou sommer veilig en gekoester voel, volgende keer gaan ek nog 'n dag langer bly net om dit weer te ervaar."
"Jare gedreig om dit te besoek en het dit uiteindelik gedoen. Jy sal nie spyt wees nie. 'n Bucket list-ervaring!"
"'n Ongelooflike mooi plek wat hopelik net so sal bly! Ons sal weer en weer daarheen gaan. Daar is nog so baie wat ons daar wil doen."