Verified Reviews
Great Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Great Karoo
Rated 4.3 out of 5 based on 2570 reviews.
"Lots of history and the magnificent National Park should be enough to keep most travelers happy. We did a walk about to see the grand old buildings."
"We had lovely coffee at 4 Sheep. Friendly and fast service. The Spur as well as Debonair's closed at 21:00 on a long weekend."
Prince Albert Road, Great Karoo
Wolvekraal Guest Farm"Fransie Pienaar-museum is 'n moet sien. Ou meule is weggesteek en moet sigbaar gemaak word met inligtingsborde oor werking. Mooiste deel van Swartbergpas is aan Prins Albert se kant van die berg. Wynproe en verkope was toe ná 13:00 en kan baie meer prominent wees om streek se wyne te bevorder. Geologie oor die streek kan ook meer prominent gemaak word. Kunsgalerye en eetplekke is goed beman en is 'n bate."
"Bly my hart se punt, want ek is daar gebore en het daar groot geword. Jammer vir die bittere droogte, hartverskeurend. Ons kom gereeld daar, veral Desember gaan ons plaas toe."
"We love Prince Albert and visit every winter. It has beautifully restored homes,a theatre, everyone is friendly and it must be one of the cleanest towns in South Africa."
"Die vars lug en stilte wat mens ervaar buite die dorp is wat uitstaan en Beaufort-Wes die ideale plek maak vir 'n wegbreek."
"'n Aandoenpunt vir reisigers wat langer verblyf benodig. Sal graag meer tyd hier wil spandeer tydens 'n toekomstige rit!"
"Very friendly, safe town. Actually surreal! We were pleasantly surprised by it and the people of the town. A very supportive and warm community. We can't wait to be back."
"Gaan maak 'n draai by die Chris Barnard Memorial en gaan eet by die 4 Sheep - die kos is aanbeveelbaar."
"Dit is seker die skoonste en vriendelikste dorp in Suid-Afrika! Sal definitief weer gaan kuier in Prins Albert."
"Karoo Nasionale Park met fossiel-area, asook die Chris Barnard Museum in Hoofstraat is baie goeie besoekpunte as jy in Beaufort-Wes is. Heerlike Karoo-vleisprodukte by slaghuise te koop. Groot verskeidenheid winkels. "
"Pragtige dorpie, volgende keer bly ek beslis langer om die dorp en omgewing behoorlik te kan verken."
"Baie lekker dorp met oulike mense. Baie lekker vir gesinne en baie veilig. Lazy Lizard is tops met kosse en sorg ook vir vegetariërs en gluten free resepte wat 'n mens nie baie of sal ons se glad nie op meeste plattelandse dorpies kry. Nice plek gaan definitief weer die dorp besoek."
"Dit is 'n klein dorpie, maar so netjies. Ons het 'n heerlike ondervinding gehad om oor die pas te ry na Sutherland. Ons het dit gedoen met 'n Honda Civic en wat prentjie mooi omgewing. Pas is steil en die senuwees moet dit hou, Net nie vir reën seisoen nie. Ek sal definitief weer daar oorbly."
"Pragtige klein dorpie met baie om te sien vir 'n naweek. Ongelukkig val die plaaslike inwoners mens heeltyd lastig vir geld, kos ens. Daar is oor 'n naweek vier keer by ons gebedel, waarvan drie keer by die kothuis was."
"Sal graag volgende keer meer tyd in Beaufort-Wes wil spandeer. Ek hou van dit wat ek gesien het. "