Geverifieerde Resensie

Clarens

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Clarens bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 3049 resensies.

Clarens

Paddocks 6

"Clarens is 'n lieflike toeristebestemming. Daar is wel nie veel is om te doen in die dorp self met klein kindertjies nie. Sou lekker gewees het as daar dalk 'n tipe van 'n "play park" was waar hulle bietjie kon speel."

Clarens

Cottage Pie

"Very good for the soul!"

Clarens

Cottage Pie

"Ons is mal oor Clarens!"

Clarens

V'Kansi Khaya

"Pragtige omgewing."

Clarens

La Bri

"Een puntjie van kritiek: Brood is so skaars soos hoendertande! Daar is 'n bakkery, maar die maak net oop as dit hulle pas. Dan bak hulle net 'n paar broodjies en klaar. Oral kan jy allerhande soorte broodmeel koop, maar o wee, geen iets wat lyk soos 'n broodpan nie. Die mense lag as jy vra vir 'n broodpan. Verder was dit regtig baie lekker. Lekker interessante winkeltjies, interessante eetplekke. Ons sal beslis weer by Clarens en natuurlik LA BRI gaan kuier. Dankie ook vir LekkeSlaap se wonderlike hulp."

Clarens

By the Way Gastehuis

"Seker nie almal se tipe bestemming nie, maar 'n soort rustigheid wat byval vind. Interessante winkeltjies en eetplekke. Die uitsig is wonderlik. Dit is tog na genoeg aan die Gauteng mekka om die pragtige plekkie te besoek. Was heerlik."

Clarens

Die Kruik

"Clarens kort 'n behoorlike inligtingsburo. Pryse is buitengewoon HOOG. Die ou poskantoor was die allerlekkerste plek om te ontdek!"

Clarens

Collett House

"Clarens is a beautiful, clean, arty and welcoming town, we certainly will return."

Clarens

De Ark Mountain Lodge

"Beste diens nog steeds Vito Restaurant/pizza. "

Clarens

The Courtyard Guest House

"Aangesien dit 'n toeriste aantreklikheid is is die pryse van produkte baie hoog soos dit by enige vakansieplek is. Ons het Golden Gate toe gery en na 'n swemplek gesoek maar hulle swembad het volgens hulle nie water gehad nie. Dit was baie teleurstellend en die plek self het nie 'n goeie indruk gemaak nie. Dankie aan Montsori Mountain Lodge wat goedgunstiglik gesê het ons kan swem omdat ons ander gaste geken het en hulle gereeld besoek het. Alhoewel die swembad nie skoongemaak was nie het ons dit geniet. Ons het die uitsig baie geniet van die stoep van die hotel af en die kos was goed."

Clarens

Cottage Pie

"Clarens is 'n absolute wonderlike plek en ons het elke dag ietsie ander gedoen. "

Clarens

RiverWalk Guest House

"Mooiste plekkie in die Oos-Vrystaat."

Clarens

RiverWalk Guest House

"Lieflike dorp om te besoek, oulike winkels en eetplekke, natuur is ongelooflik mooi, baie om te doen."

Clarens

Leliehoek

"Clarens is 'n wêreld op sy eie... fantasties kuns en vermaak beskikbaar en is sekerlik een van die mooiste klein dorpies in die land."

Clarens

Fairview Cottages

"BAIE OULIK EN 'N HEERLIKE WEGBREEK NA 'N BAIE MOOI PLEKKIE OMRING MET BERGE!"

Clarens

De Ark Mountain Lodge

"Beslis 'n besoek werd en die nabyheid van Golden Gate is 'n bonus."

Clarens

V'Kansi Khaya

"Clarens is 'n moet!"

Clarens

De Ark Mountain Lodge

"Baie oulike en interessante dorpie...dit het ons verwagtinge oorskry!"

Clarens

De Ark Mountain Lodge

"Baie lekker plek, maar net baie duur."

Clarens

Clarens Retreat

"Can't wait for my next visit."

Clarens

Clarens Retreat

"Aangenaam."

Clarens

Accommodation @ The Spa

"Clarens is een van ons gunstelling naweekwegbreekplekke. Ons het die kans benut om ook deur te ry na Ficksburg se kersiefees wat net 'n uur se ry verder is. Daar is so baie om te doen in en om Clarens dat 'n naweek net nie genoeg tyd is nie. Definitief een van die juwele in ons pragtige land."

Clarens

Rooiland

"Pragtig en rustig en tog naby aan Gauteng!"

Clarens

Caledon Country House

"Die ingang vanaf Fouriesburg met plakkerskamp oorkant gholfbane skep 'n swak indruk. Die winkels in Clarens wat "fabrieks vervaardigde" kuns en ornamente verkoop asook die kruidenierswinkel doen afbreuk aan Clarens se karakter."

Clarens

Arundel Studios

"Uitstekende bestemming vir 'n naweek vergelykbaar met dorpe soos Dullstroom of Franschhoek, langer as dit, teensy jy net wil boeklees en rus het Clarens beperkte aktiwiteite."

Clarens

V'Kansi Khaya

"Sal beslis weer teruggaan, hopelik in die winter vir die sneeu."

Clarens

Jovali

"Baie kommersieel en baie duur. Die eetplekke het baie lekker kos."

Clarens

Jovali

"Clarens is 'n juweel van 'n toeristebestemming met soveel om te doen. Dis iets anders as die alledaagse plattelandse dorpie. Ek geniet veral die brouery. Ons sal verseker meer gereeld soontoe gaan."

Blad
Blad 94 - Wys 2791 tot 2820
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang