Geverifieerde Resensie
Jacobs Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Jacobs Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 416 resensies.
"Jacobsbaai is 'n pragtige klein dorpie wat rustigheid vir jou siel verskaf - wonderlike rusplek vir 'n naweek weg."
"Ek wil nie graag se dit is 'n uitstekende bestemming nie want ek is bang dit word oorval. Dit is so rustig. Sal baie graag Jacobsbaai in die somer wil besoek."
"As 4x4 toeroperateur sal ek steeds die Weskus as bestemming bemark, maar nie noodwendig Abelone nie..."
"Die rus en vrede, die ongereptheid en natuur is onbeskryflik. En daar is baie te doen in die omgewing as mens wil bedrywig of aktief wees. "
"Oulike winkeltjie by Jacobsbaai se ingang. Die huise en tuine in Jacobsbaai is oor die algemeen baie netjies en goed versorg."
"Baie mooi rustige plekkie. Geen smouse of boemelaars wat mens pla nie. Kindervriendelike baai. Sal definitief weer daar gaan bly."
"Baie lekker, rustig skoon met asemrowende natuurskoon. Die kreef depot kan gerus 'n bietjie van sy tonne krewe beskikbaar maak aan die toeriste, hetsy met 'n kreefinligting en braaigeleenthede, of vir selfs braai ten minste een maal per week in Desember."
"A lovely and peaceful place, if you compare it with Saldanha or Langebaan! Paternoster was also beautiful, but as we visited it in peak season it was very busy there. Die Weskusplek was also well worth the visit, fantastic spot, nice food and friendly people. We traveled to the West Coast from Pretoria, to attend a wedding in Langebaan, and I definitely think we made the best choice with staying in Jacobsbaai!"
"Ons sou graag vir Jacobsbaai 4 sterre wou gee, maar die tekort aan winkels om voorraad aan te vul, asook plekke om by te eet is 'n groot leemte, want 'n mens kan nie elke dag na Saldanha toe ry om inkopies te doen of uit te eet nie."
"Dit is hoe ons dink 'n vakansiedorpie by die see moet lyk. Dit het geen handelsgedruis, maar is nogtans naby winkels. Die omliggende plekke is ook lekker om te besoek. By dit alles is Jacobsbaai prentjiemooi. Ons sal graag weer daar vakansie wil hou."