Geverifieerde Resensie
Cape Route 62
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Route 62 bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2351 resensies.
"Miskien moet hulle kyk om in 'n mediese hospitaal te investeer, alhoewel die staatshospitaal nie te sleg was nie."
"De Rust is a very nice little town and people are friendly and helpful."
"'n Aangename plattelandse plek met heelwat restaurante en winkeltjies om te besoek."
"Daar is 'n paar restaurante en wynkelders wat besoek kan word in Calitzdorp."
"Ons wou rus, saam met familie kuier en 'n mooi omgewing beleef. In die opsig het ons alles gekry."
"Daar is nie winkels nie - onthou om in Robertson of vooraf melk & brood, ens. te koop."
"Gaan besoek die Birds Paradise. Robertson en al die dorpies en wynplase bied so baie. Onmoontlik om verveeld te raak."
"2 dae in omgewing was verseker te min, daar is soveel te doen, sien en te ontdek. Lieflike omgewing, gaan verseker weer."
"Die dorpie is lieflik, maar kan gerus meer winkeltjies kry waar jy dinge kan kry eg aan McGregor."
"Dié dorpie bied genoeg om toeriste te vermaak en dit is ook na aan verskeie ander toeristebestemmings."
"Baie oulike 'one-stop' dorpie. Die restaurant 'Herrie' se diens was stadig, maar die kos was baie lekker."
"'n Pragtige plek om net weg te breek met al die besienswaardighede. Robertson is ook goed geleë t.o.v die afstand na ander naburige dorpies soos bv Montagu. Die wêreld is verskriklik mooi en al die wynplase en mooi toegeruste eetplekke en padstalle is n bonus. "
"Dit is die mooiste dorp tussen die wynlande. Baie lekker om net te ontspan of 'n dag of twee te oornag wanneer jy die lang pad Kaap toe aandurf."