Verified Reviews
Cape Route 62
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Route 62
Rated 4.5 out of 5 based on 2342 reviews.
"Dit sal lekker wees om 'n swemplek naby te hê vir die warm somermaande. "
"Pragtige, netjiese geskiedkundige dorpie, goeie wyne beskikbaar, rustige atmosfeer."
"Ek en my vrou is baie lief vir Robertson en wou graag daar gaan aftree. Pragtige dorp."
"Robertson is 'n mooi dorp met verskriklik baie om te doen. Daar is baie wynplase in die omgewing om te besoek."
"Heerlik by die markie rondgeloop, 'n bier-proe gedoen, die droë vrugte winkel besoek, muskadel daar geproe en die aand by Mimosa Inn gaan "fine dine"."
"Vriendelike mense. Baie lekker geëet by T-junction. Die dorp is net baie klein. Daar's genoeg om jou 'n dag besig te hou maar daarna sal jy na n ander dorp moet ry."
"Picture perfect, with unique, hidden gems along the way."
"Montagu is a place I would love to retire. So beautiful and friendly."
"Ongelukkig 'arm' aan winkels, waar nood kos items gekoop kan word, maar die omgewings is 'ryk' aan natuurskoon."
"Die dorp Ladismith is nie veel om na uit te sien, maar die omgewing is fantasties."
"Daar is so baie in die omgewing. Ons was tot by Franschhoek, Bonnievale, Montagu en Worcester. Pampoenstal was 'n belewenis. Dit is opvallend hoe goed die paaie versorg word selfs die grondpaaie. Dorpies is ook skoon en netjies. Sal beslis weer hierdie area wil besoek."
"Beautiful atmosphere and friendly people all around. Four Cousins Winery and Restaurant was just amazing. "
"Definitief 'n plek waarna ons wil terugkeer. Binne in Meiringskloof geleë en omring met die Swartberg se koppe. Werklik asemrowende uitsig."
"De Rust en omgewing is van ons gunsteling plekke. Die dorp se inwoners doen moeite om dit aantreklik te maak. Ry gerus die agterpaaie, ontmoet die mense en besoek die padstalle en koop hul ware. Hier leef hul nog vir mekaar. Ons het die klein dorpies nodig en ons moet hul ondersteun."