Geverifieerde Resensie

Cape Route 62

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Route 62 bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2351 resensies.

McGregor, Kaapse Roete 62

Boesmanskloof Blushingbride Cottage - No.1

"Hierdie plekkie is pragtig en nie kommersieel nie!"

Montagu, Kaapse Roete 62

Bon Accord Farm Cottages

"Mooi omgewing om te gaan afskakel van 'n daaglikse roetine en deel te maak van jou vakansie."

Montagu, Kaapse Roete 62

Kogman & Keisie Guest Farm

"Pragtige en goed versorgde dorp, hier is baie te doen vir die buitelewe-entoesias en ook heerlike restaurante."

Robertson, Kaapse Roete 62

De Hoop Cottages

"Baie min om te doen na 14:00. Op 'n Saterdag en Sondag is alles, insluitende wynplase, toe. "

Montagu, Kaapse Roete 62

Montagu Springs

"We thoroughly enjoyed our stay. "

Montagu, Kaapse Roete 62

Protea Farm

"Tans baie padwerke, maar dit is in 'n besondere deel van ons provinsie en bied oulike eetplekkies en kunsvlytwinkeltjies."

Montagu, Kaapse Roete 62

Montagu Springs

"Montagu self is in 'n baie mooi omgewing en jy kan daarvandaan die area verken."

McGregor, Kaapse Roete 62

Orchard Cottage

"Baie mooi dorpie. Rustig met 'n pragtige uitsig."

Calitzdorp, Kaapse Roete 62

Matjiesvlei Cottages

"We were in Calitzdorp many years ago, and were sad to see that it seems to have become rather run down and neglected. We wanted to "support local" but the price of mutton was way more than CT prices, and the other local produce was mostly wilted."

Calitzdorp, Kaapse Roete 62

The Queen of Calitzdorp

"Gaan koop gerus potte vir jou huis in die hoofstraat, ongelooflike pryse, ons kon net nie meer in ons bakkie laai nie. Die raam plekkie naby die kerk: pragtig en vriendelike mense, goeie pryse! Heerlik aandete geëet by die portugese dame op die dorp!"

Montagu, Kaapse Roete 62

Abigail's Garden Cottage

"Pragtige dorp en sal verseker weer teruggaan."

McGregor, Kaapse Roete 62

Orchard Cottage

"Ons woon al 7 jaar in die Kaap en wou nog altyd McGregor besoek. Omdat dit nie op enige hoofroete geleë is nie, het ons verskeie kere verbygery en nooit afgedraai nie. En daarin lê die dorpie se bekoring. Jy moet 'n klein bietjie moeite doen om daar uit te kom (as mens die 20 km van Robertson af as moeite kan beskou), maar jy word beloon met 'n rustigheid wat moeilik te vinde is ."

Robertson, Kaapse Roete 62

Die Kraaltjie

"Robertson is 'n ongelooflike mooi dorp en die omliggende wynplase maak dit 'n droomvakansie. Dit is ook naby genoeg aan Struisbaai vir 'n daggie by die see of Worcester indien die winkels jou roep. "

McGregor, Kaapse Roete 62

Boesmanskloof Blushingbride Cottage - No.1

"Eseltjiesrus se donkies maak mens se hart sag! Lord's wyne en McGregor wyne was net so lekker. Vriendelike mense, ons kom weer."

Montagu, Kaapse Roete 62

Mimosa Lodge

"I love going to Montagu, I have been going for 3 years now. My children also love it. It is tranquil and has a lot to offer families with children."

Montagu, Kaapse Roete 62

Klein Nektar Wine & Olive Estate

"Pragtige dorp! Skoon! Vriendelike mense en plek om mens se batterye te herlaai."

Kaapse Roete 62

Appelhuis

"Barrydale is 'n pragtige dorpie. Net jammer die eiendompryse word so in die hoogte in gejaag. Baie mooi plekke op die R62 om te besoek."

Calitzdorp, Kaapse Roete 62

The Calitz

"Bitter klein, stil dorpie met 'n rykdom van fantastiese wyn. Hier kry jy rus vir jou siel en kan jy lekker kuier. Ons vooraf beplande wynproe by Boplaas was fantasties en professioneel. Ons etes by Boplaas se bistro en later die aand by Zamani was heerlik. Calitzdorp het 'n unieke karakter en sal ons beslis weer sien!"

Calitzdorp, Kaapse Roete 62

The Calitz

"'n Besonderse interessante dorp en omgewing met 'n verskeidenheid aktiwiteite."

McGregor, Kaapse Roete 62

Plum Tree Cottage

"Pragtig en werklik 'n plek om te gaan rus"

Montagu, Kaapse Roete 62

Badensfontein

"Love Montagu - the mountains people - just everything. The road works are a bit of a pain but once completed will be great."

Montagu, Kaapse Roete 62

Badensfontein

"Baie oulike dorp met baie interessante plekkies om te ontdek."

Robertson, Kaapse Roete 62

Klaasvoogds Cottage

"Te veel om te sien en te doen. "

Vanwyksdorp, Kaapse Roete 62

Watermill Farm Cottages

"Baie interessant en die moeite werd, al is dit net om die stilte te beleef."

Calitzdorp, Kaapse Roete 62

Matjiesvlei Cottages

"Calitzdorp is 'n tipiese klein dorpie in die Karoo wat net in die allernodigste behoeftes voorsien. Ons was baie teleurgesteld dat ons al die pad na Oudtshoorn moes ry om ordentlike vleis te koop. Volgens wat ons verneem het, sal Spar blykbaar binnekort in die plaaslike gemeenskap se kruideniersbehoeftes kan voorsien. Indien ons egter weer in dié omgewing gaan kuier, sal ons beter voorsiening maak vir ons eie voorkeure en behoeftes. Die besoek aan Boplaas vir soetwynaankope het egter opgemaak vir die teleurstelling van die plaaslike slaghuis, wat veel te wense gelaat het."

Montagu, Kaapse Roete 62

Montagu Springs

"The views and accessibility to shops, banks, etc. is very convenient. Perfectly located."

Montagu, Kaapse Roete 62

Montagu Springs

"'n Paradys om die stad se stres te ontvlug. "

Blad
Blad 68 - Wys 2011 tot 2040
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang