Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Cape Route 62

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Route 62 bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 4931 resensies.

Montagu, Kaapse Roete 62

Krom Cottage and Westway Corner

"Dorp is netjies en skoon. Die restaurant, Rambling Rose, het heerlike etes en diens. Vars gebak. 'n Besoek werd. Staproetes baie mooi. Sal graag net wil meld dat die Kogmanskloofroete se laaste uitdraaipaadjie (by die kragdrade) beter gemerk moet word. Die paar klippe wat opmekaar gestapel is, is redelik onopsigtelik. As julle net 'n bordjie of 'n duidelike klip met 'n geel helder geel voetjie daar kan plaas, sal dit onnodige twyfel uitskakel. Ons wil weer kom. Dit is nie ons eerste besoek nie en ook nie ons laaste nie."

Montagu, Kaapse Roete 62

Koo Karoo Guest Lodge & Self-catering

"Loads to do in Montagu - ghost tour, Montagu Mountain Mania trial run, tractor ride at Cape Dried Fruit, wine tastings, hot springs, walks and hikes in the nature reserve."

Prins Albert, Kaapse Roete 62

Travellers Rest

"Pragtige dorp met vriendelike mense !"

Prins Albert, Kaapse Roete 62

Gecko Cottages

"Die dorp is ongelooflik skoon en word mooi instandgehou. Veilige omgewing en die gemeenskap is ongelooflik vriendelik en behulpsaam. Welgedaan Prins Albert!"

Prins Albert, Kaapse Roete 62

Casa Milorca

"Lazy Lizzard restaurant hoog aanbeveel."

Calitzdorp, Kaapse Roete 62

Welgevonden Guest House

"Die kerkklok maak dit so spesiaal elke keer as dit slaan en dit gee nostalgie. Die Dorpshuis is ook 'n besliste moet vir aandete. Uit die boonste rakke!"

Prins Albert, Kaapse Roete 62

Lavenders

"COVID-maatreëls word nie oral nagekom nie. Min het maskers aan. Dit is 'n toeristebestemming en die maatreëls moet juis meer nagekom word. Verder spuit die gastehuise Doom binnenshuis om die muskiete dood te maak. Omgewings- en mense-vriendelike opsies sal meer wenslik wees."

Prins Albert, Kaapse Roete 62

Karoo Khaya

"Pragtige dorp met baie karakter."

Prins Albert, Kaapse Roete 62

Gecko Cottages

"Een van die juwele van die Karoo."

Prins Albert, Kaapse Roete 62

Olive Grove Cottages

"'n Pragtige, netjiese dorpie. Baie besienswaardighede in en om die dorp bv. Olyfplaas, Weltevrede vyeplaas, Swartbergpas en Gamtoosvallei (Die Hel) en die Museum was uitstekend. Restaurante bedien heerlike kos."

Kaapse Roete 62

Ons Karoo Plaas

"Dit was vir ons die ideale plek om te wees voordat ons deur Seweweekspoort gery het."

Ceres, Kaapse Roete 62

Ceres Peak

"Ceres is vir my een van die mooiste dorpe in die Boland! Asemrowend verby!"

De Rust, Kaapse Roete 62

Olivier's Rust

"Meiringspoort se waterval is ongeveer 12km van Olivier's Rust en is 'n moet vir enige besoeker. Lekker ontbyt by Ray's binne loopafstand van Olivier's Rust."

Robertson, Kaapse Roete 62

Mabet and Gabriella Guest Rooms

"Pragtige plek met ongelooflike wynplase en lekker restourante."

De Rust, Kaapse Roete 62

Asher Stable Stay

"Mooi plek. Lekker bergfiets-event!"

McGregor, Kaapse Roete 62

Maggie's Gift

"Pragtige dorp met baie om te doen en te besoek!"

De Rust, Kaapse Roete 62

Vredelus Plaas Verblyf

"Grocery shopping not the best, if you plan on just staying in De Rust, ensure you have all the foodstuffs you need. People are friendly and inviting."

Prins Albert, Kaapse Roete 62

The Cottage

"Die invloed van Covid kan gesien word in die dorp."

De Rust, Kaapse Roete 62

Meijer's Rust

"Wat 'n mooi, skoon dorpie. Huise is oud, maar goed versorg."

Kaapse Roete 62

Appelhuis

"Baie oulike en interessante dorpies om te besoek. Ongelukkig is baie plekke, wat ons wou besoek toe omdat dit nie verder kon oorleef a.g.v. Covid nie. Dis jammer."

Montagu, Kaapse Roete 62

Montagu Ronda-View

"Baie om te doen vir die aktiewes. Baie om te sien vir die oues van dae."

De Doorns, Kaapse Roete 62

Tavistock Country Home

"Min uiteetplekke, sal na Worcester moet ry daarvoor."

Robertson, Kaapse Roete 62

Route 62 B&B

"Pragtige plek! Mal daaroor."

Montagu, Kaapse Roete 62

La Chapelle

"Bly pragtige plek."

Robertson, Kaapse Roete 62

Engela's Overnight Accommodation

"Mooiste dorp en dorpe om Robertson. Lekkerste mense en plekke vir oud en jonk."

Calitzdorp, Kaapse Roete 62

Gasteria Grange

"Calitzdorp is 'n moet voor die winter - veral om jou port-voorraad aan te vul. Baie mooi dorpie!"

Blad
Blad 66 - Wys 1951 tot 1980
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem