Verified Reviews
Cape Route 62
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Route 62
Rated 4.5 out of 5 based on 2351 reviews.
Prince Alfred Hamlet, Cape Route 62
Hamlet Country Lodge"Nie veel om te doen nie. Ons het spesifiek vriende gaan besoek. Wel pragtige deel van ons mooi land met wonderlike bergpasse en rots formasies! "
"Pragtige dorp met oulike winkeltjies en lekker kuierhoekies. Maak nie saak hoe 'n mens se reisplanne lyk nie, dit moet 'n stop vir 'n nag of vier in Montagu insluit."
"Interessante plek. Baie mooi omgewing - die bergpasse en landskap is van die beste in Suid Afrika."
"Puik omgewing om wynplase te besoek en wyn te proe. Inwoners baie vriendelik en behulpsaam. "
"Robertson is 'n pragtige dorp met alles reg daar, dis nie nodig om verder te ry en te gaan soek na iets elders nie. Vriendelike mense. Sal beslis weer daar deurry."
"Alhoewel daar baie restaurante in Calitzdorp is, was slegs Zamani's in die aand oop. Hulle diens was puik en die steaks uit die boonste rakke."
"Montagu is 'n pragtige dorp om in vakansie te hou en daar is baie te sien en doen in die dorp en omgewing. Ons sal beslis terugkom."
"Was vir ons heerlik om in so ouwêreldse dorpie te stap en te kuier! Oulike restaurante en vriendelike mense!"
"Mooi omgewing en interessante dorpie, maar daar is nie baie toeristebestemmings op die dorp self nie."
"Montagu is 'n baie rustige dorp. Daar is baie plekke naby om te besoek en dinge om te doen."
"Montagu is 'n pragtige dorpie. Heerlike restaurant, padstalle en koffiehuise om van te kies en te keur. Net 5 minute buite Montagu is 'n "animal sanctuary" wat lieflik is vir kinders. Saterdagoggend se markie op die dorp moet jy ook nie mis nie!"
"Robertson is pragtig en daar is so baie om te sien en doen. Uit te kom uit stadsgewoel. Mense is vriendelik en behulpsaam en daar is niks wat jy nie kan kry wat jy benodig."
"Robertson is altyd lekker! As jy nou kamp of in 'n hotel bly, daar is baie om te doen vir die hele familie en die mense is vriendelik. Die weer is partykeer onvoorspelbaar, so neem maar net klere vir elke seisoen."
"Dit is ons eerste keer in Montagu en kan nie wag om terug te kom vir 'n langer periode nie!"
"Mooiste berge wat tydens sonsopkoms en sonsondergang in die mooiste kleure omtower word. "
"Ons het meer net oornag en was glad nie in die dorp De Rust nie. Nie werklik die onmiddellike toerisme gaan verneem nie. Volgende keer! "
"Die nuwe 'beach pool' by die Guano Caves net buite Montagu was net so groot teffer by ons kinders. Pragtige skoon swembad met hele paar 'slides' en tot 'n platform vir brawes om af te spring en area langs die swembad om uit te span."
"Ons is mal oor die dorp en sy mense asook die die plase rondom dorp."