Verified Reviews
Cape Route 62
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Route 62
Rated 4.5 out of 5 based on 2342 reviews.
"Montagu is uit en uit een van die beste plekke vir besoekers. Outydse geboue, museums, klein markie, en so meer."
"Dis die ideale plek om te gaan ontspan - lees, eet, stap, drink wyn, gaan ry op die boot by Viljoensdrift, lees, eet, stap en drink nog wyn. Daar is wonderlike restaurante en kunsgalerye in McGregor."
"Karaktervolle dorpie met interessante besoekpunte. Vriendelike diens, goeie restaurante. "
"Meer behoort gedoen te word om toeriste in te lig van alles wat te sien en doen is in die omgewing."
"Sien uit daarna wanneer die paaie klaar is om weer te gaan."
"Dit is 'n pragtige dorpie met die mooiste ou geboue. Die natuurskoon van die omgewing en die ligging van die dorp maak dit ook lekker om met 'n kamera rond te stap. Daar is altyd iets moois om af te neem."
"Dit is 'n pragtige rustige plek. Ons kon selfs 8uur in die aand gaan stap! Die mense is vriendelik en die dorp is so skoon! Baie dankie vir 'n onvergeetlike tyd. Ons sal beslis weer daar gaan "kuier"."
"Met die foto's wat ek geneem het en aan my vriende gestuur het, het ek net waardering ontvang van die dorpie se tydlose boustyl!"
"Robertson was baie lekker en die mense is vriendelik. Ek het die lente skou vreeslik geniet. "
"Did not really tour around, but liked the outdoor restuarants on the main road. "
"Ongekunsteld en rustig. Mens ry so maklik net deur, maar die dorpie het net soveel om te bied soos van die ander dorpe op Roete62."
"Afgesien Robertson heelwat bied, is dit so geleë dat al die omliggende dorpe ook sonder baie ekstra ry besoek kan word."