Geverifieerde Resensie
Cape Route 62
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Route 62 bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2342 resensies.
"Mooi omgewing en interessante dorpie, maar daar is nie baie toeristebestemmings op die dorp self nie."
"Montagu is 'n baie rustige dorp. Daar is baie plekke naby om te besoek en dinge om te doen."
"Montagu is 'n pragtige dorpie. Heerlike restaurant, padstalle en koffiehuise om van te kies en te keur. Net 5 minute buite Montagu is 'n "animal sanctuary" wat lieflik is vir kinders. Saterdagoggend se markie op die dorp moet jy ook nie mis nie!"
"Robertson is pragtig en daar is so baie om te sien en doen. Uit te kom uit stadsgewoel. Mense is vriendelik en behulpsaam en daar is niks wat jy nie kan kry wat jy benodig."
"Robertson is altyd lekker! As jy nou kamp of in 'n hotel bly, daar is baie om te doen vir die hele familie en die mense is vriendelik. Die weer is partykeer onvoorspelbaar, so neem maar net klere vir elke seisoen."
"Dit is ons eerste keer in Montagu en kan nie wag om terug te kom vir 'n langer periode nie!"
"Mooiste berge wat tydens sonsopkoms en sonsondergang in die mooiste kleure omtower word. "
"Ons het meer net oornag en was glad nie in die dorp De Rust nie. Nie werklik die onmiddellike toerisme gaan verneem nie. Volgende keer! "
"Die nuwe 'beach pool' by die Guano Caves net buite Montagu was net so groot teffer by ons kinders. Pragtige skoon swembad met hele paar 'slides' en tot 'n platform vir brawes om af te spring en area langs die swembad om uit te span."
"Ons is mal oor die dorp en sy mense asook die die plase rondom dorp."
"Het daar groot geword, altyd wonderlik. Sal baie graag meer tyd daar wou deurbring. Dit bly 'n heerlike ervaring om deur die strate en die distrik te ry. "
"Pragtige dorpie. Alles is stapafstand. Heerlik geëet by Karoux, by Carol's Pub gekuier, wyn geproe by Lord's Wines en McGregor Wines."
"Calitzdorp is so mooi en die mense is baie vriendelik. Ek en my gesin het ons harte in Calitzdorp gelos."
"Lovely and friendly little town with wonderful wine farms - De Krans is lovely for breakfast as we sat under the vines. "
"Bonnievale is 'n pragtige plattelandse dorpie en baie rustig vir ons wat uit die stad se gewoel kom."
"Robertson is die mooiste ou dorpie en ons was so beïndruk met die restaurante! Het bitter lekker geëet! "
"Die plekke om te sien is beeldskoon en hemels en die natuurskoon en gastehuise is baie mooi."