Geverifieerde Resensie
Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 4860 resensies.
"Ongelooflike ligging met 'n wye keuse van ongelooflike restaurante. Die sonsondergang is prentjie mooi. Vir aktiewe gaste is daar veilige sypaaitjies vir stap en hardloop en 'n fietsry-baan langs die strand. Ons was verras met die kwaliteit en waarde vir geld. Die restaurante: Cafe Blouberg, Catch 22 en Primi Piati word sterk aanbeveel. Blue Peter en Ons Huisie was ook goed, maar is meer vir diegene wat van baie besige plekke hou."
"The roads are in a bad condtion, there is also road works on the R44. Other then that its not bad at all. "
"Bloubergstrand was nog altyd my gunsteling vakansiebestemming. My hoogtepunt was tydens naweke wanneer die "kite surfers" die wind trotseer en die strand opvrolik met hulle kleurvolle vlieërs. Onvergeetlike ervaring."
"Baie stil, rustige en veilige omgewing, naby alles, maar tog voel dit of dit in die platteland is."
"Ek het van lughawe af deur Goodwood gery na Nachelle toe. Was geskok oor vuil strate! Skaam my dood vir oorsese gaste wat daardeur moet ry. Dit was regtig aaklig. Orals vuilgoed. In die straat. Op die sypaadjies. Sou 'n ander roete aanbeveel."
"Ons het slegs familie gaan besoek maar was verbaas oor hoe baie daar te doen was. Lekker restaurante en die strand sommer naby. Die omgewing is nou pragtig nadat die area by die strand opgegradeer is met die looparea. "
"Milnerton is nice, however close to Rugby. That is not the nicest/safest place on earth. I didn't feel safe exploring the area in the evening."