Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11422 reviews.
"Baie mooi. Ons was ongelukkig oor n naweek daar en min plekke was oop. Sou graag meer wou sien."
"Eg Suid-Afrikaanse en karaktervolle en geskiedkundige geboue verleen 'n aangename ambience. Heerlike tradisionele geregte eie aan die Karoo by van die restaurante te kry. "
"Baie skoon dorp ten spyte van die volume mense wat daar deur reis. Welkome oase na die grougrys en beige van niks in die Karoo. Ons was net te moeg om te explore na die lang pad. En die Afrikaanse taal wat almal praat laat jou tuis en trots Afrikaans voel."
"Die kaartjiemasjien by die winkel was buite werking en so ook die enigste beskikbaar ATM. Ons kom toe nie kos koop nie."
"Aberdeen staan stil in tyd, daar skakel jou brein af en kom die gejaagde lewe tot 'n stop. Word sterk aanbeveel. Jy kan slegs rus."
"Was veras oor hoe groot Beaufort-Wes eintlik is. Daar is groot winkels soos Checkers en jy kan alles kry wat jy benodig. "
"Graaff-Reinet is a beautiful old world town. Amazing architecture. So much history. A clean town with lots to see or do."
"Ons het water vir die dorp saamgeneem wat so nodig was. Dit was lekker om die vallei van Verlatenheid te besoek asook om deur die dorp te stap. "
"As jy net wil ontspan en die natuur geniet, is dit die plek om heen te gaan. Kinders mag dit egter nie so aangenaam soos volwassenes ondervind nie. "
"Pragtige dorpie, net jammer so baie plekke was nie oop tydens ons besoek nie, soos antikware winkels, olyfplaas ens."