Geverifieerde Resensie
Loskopvallei
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Loskopvallei bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 172 resensies.
"Kranspoort is lekker vir 'n lang naweekwegbreek, ek dink wel nie daar is veel om te doen vir klein kinders in die omgewing vir 'n langer wegbreek nie. Die area is baie mooi en ideaal vir rustigheid weg van die stad af."
"It is truly a gem. Words cannot dictate the experience of this place and it only when you experience it that you understand the gem of the place."
"Al wat ek wel kan uitwys is hoe sleg die paaie in die Groblersdal self is. Lelike, groot gate net voor jy in die dorp inkom. Spoedhobbels wat glad nie geverf is nie en nie sigbaar genoeg is vir drywers nie."
"Dit is baie mooi, maar van die paaie om by jou bestemming te kom is nie goed in stand gehou nie. Party plekke is dit gemakliker om langs die pad as om op die pad te ry."
"Die area rondom Loskopdam is pragtig, veral hierdie tyd van die jaar. Toeriste kan lekker vakansie hou in die omgewing."
"Baie naby aan Loskopdam-area wat meer 'n toerisme dorp is. Net die pad van Loskopdam-area na Leselo Lodge is baie sleg op een stukkie vir so 5 km met baie slaggate."