Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6186 resensies.
"Die paaie in die omliggende dorpe en selfs in Sabie maak dat ek nie sommer weer die area sal besoek nie. Dit het geweldig agteruit gegaan. Die inwoners sal op een of ander manier moet saamkom en beheer neem van die munisipaliteite om dit weer die toeristearea te maak wat dit was."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Klipkoppie Cottage"Dit is meer 'n basis om die omgewing te ontdek; oppas vir slaggate veral op die kleiner paaie."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Hummingbird's Nest Guesthouse"Fantastiese mooi plek. Botaniese tuin word nie genoeg bemark nie en ook nie die restaurant by die tuine nie."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Delicious Monster and SterJasmyn"My hometown! As ek kon sou ek teruggetrek het daarheen."
"Net naby genoeg aan die Wildtuin. Ook naby die Panorama roete. Winkels ook goed beskikbaar."
"Die herstel van slaggate in die strate is noodsaaklik. Verder behoort deeglik aandag gegee te word aan aanwysings in die dorp. 'n Lys van besienswaardighede behoort by die inligtingspunt beskikbaar te wees. Dit moet minstens in Afrikaans en Engels uitgegee te word."
"Ons bly gereeld in Marlothpark. Ons geniet die park. Alles is daar wat nodig is. Jy kan kies en keur tussen akkommodasie."
"Gaan in die winter, of maak seker eenheid het lugversorger. Baie muskiete, maar is 'n rustige, pragtige bestemming."
"Marlothpark is vir ons 'n heerlike kuierplek. Ons geniet die wildtuin-gevoel. Dis baie gerieflik en naby genoeg aan Komatipoort indien nodig."