Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.5 out of 5 based on 6238 reviews.
"Nie genoeg eetplekke nie. Ons het op en af in die strate gery op soek na 'n restaurant, maar kon niks sien nie - of as daar was, was hulle glad nie goed gemerk nie. Dit was maar 'n keuse tussen die Wimpy en die KFC. Die plus, is dat dit naby aan die Swaziland-grens is."
"Dis 'n baie klein dorpie soortgelyk aan Welkom of enige ander plaas/myndorpie. Dis lekker stil en nie te warm nie. Dis goed om mentally bietjie weg te kom van die besige stadslewe en as jy nie van die see hou nie."
"Lovely town with trees covering the streets, houses that are safe and lovely to drive around in."
"Marlothpark is vir oud en jonk wat van die natuur hou 'n moet. Ons het (behalwe vir die Groot 5) meer diere in die park gesien as in die Wildtuin."
"Dit is awesome, gaan al soontoe vandat ons kinders is en ons is nog steeds nét so lief vir die plekkie!"
"Love to visit more often, beautiful and so much to do. Pioneer restaurant, excellent dinner with 13 people, not one was disappointed. Love Hayzyview."
"Ons geniet Marloth en is al vir meer as 14 jaar besoekers hier. Wat ons opgeval het is dat die huise word baie opmekaar gebou en ons het baie vullis gesien en bourommel. Verder is daar baie keer lawaai van mense wat nie altyd gepeil kan word as mense met geen nagedagte vir die mede-inwoners of sommer net blatant is nie. Marloth bly nog steeds pragtig, maar ons wonder maar oor die vinnige groei."
"Daar is so baie versteekte skatte. Ons het nie by almal eers uitgekom nie. Dis 'n pragtige plekkie."
"Shopping malls, hospitals, tourist attraction centres etc are very close and that makes it easy to visit many places at once."
"Dis baie mooi daar. Dis in die middel van al die pragtige watervalle in die hele Mpumalanga, so baie bestemmings om te gaan besoek dat daar net nie genoeg tyd is om by alles uit te kom nie."
"Baie mooi, rustige en lekker plek om te gaan ontspan. Uitkyk plekkies langs die rivier is pragtig! Die spoedheuwels is bietjie erg hoog, want ons het gesukkel om met n klein karretjie daaroor te ry sonder om die voertuig te beskadig. Dit is nie almal wat met 'n bakkie of 4x4 voertuig ry nie. Ek glo dit is nodig om te keer dat mense jaag, maar dit is n bietjie erg vir iemand met n klein karretjie."
"Marloth Park is fantasties! Ons geniet elke keer ons kuier daar terdeë! Sal ongelukkig nie die nuwe waterpark aanbeveel nie, ons sal eerder by ons huurhuis swem. Somer is te warm vir ons, ons sal eerder ons verlof in Marloth in die winter neem."
"Mpumalanga is 'n provinsie met baie geskiedenis en pragtige natuurskoon."
"Sabie is n asemrowende bestemming! Pragtigste natuur en die vriendelikste mense. 'n Moet sién om te glo area!"
"Oulike plekkie. Verfrissend anders. Dierbare mense. Ek het die perde geniet wat deur die dorp beweeg."
"Ons was aangenaam verras en Piet Retief is 'n goeie oornagbestemming en Die Munch is 'n heerlike restaurant om lekker te gaan eet en te ontspan."
"Interessante dorpie met baie lekker eet- en drinkplekke. Die restaurant, Mrs Simpson's, was die hoogtepunt van ons besoek aan die dorpie."
"Die dorp, Middelburg, self is nie juis 'n toeristebestemming nie, maar is sentraal geleë vir verskeie besienswaardighede, trou-venues, nie ver van Loskopdam af nie en ook ander oorde, ens. in die omgewing.,"
"Lekker wegbreek van die stad se gejaag, almal vriendelik, lekker winkeltjies en baie rustig!"
"Jy kan net soveel keer in dieselfde Afrika goetertjies in die winkels vaskyk. Op buitelandse toeriste ingestel, veral prysgewys. 'n Pragtige omgewing wat elke Suid-Afrikaner moet besoek!"
"Nearby place to stay if you wish to visit Kruger National Park. Shopping centre has all the necessary available. Love the swimming pool ans slides."
"Sabie is lovely! One of South Africa's best kept secrets. Make sure to check out the local bookstore!"