Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.5 out of 5 based on 6049 reviews.
"Mooi dorpie, ongelukkig is daar baie verkopers wat druk plaas op toeriste om hul ware te koop. Dit is ongemaklik om in die straat te loop. Dit pla baie."
"Fantastiese plek en omgewing, wil weer 'n draai gaan maak om plek lekker te verken!"
"For fly fisherman, the Municipal Dam is always a great option if you do not have access to your own water. It appeared to be well managed at the time of our stay (June 2017) and although we did not fish, there were other fishermen and women catching nice trout, and a lot of surface activity was observed during the evening rise across the whole dam. Day fee of R150 per rod, allows you to keep one fish per rod. Additional fish that are kept are charged at R90/kg. Catch and release is encouraged as is fishing barbless. "
"Sabie is "tops!" Aangename klimaat, ideaal vir die voëlliefhebber en die dele ongerepte natuur wat bewaar word, is rus vir die siel! Pragtig! "
"Pragtige natuurskoon in Sabie en omgewing maak 'n besoek aan hierdie deel van ons land beslis die moeite werd. Volgens my is die Drie Rodawels die heel mooiste plek in ons land. Dit is asemrowend."
"Marloth is 'n moet vir enige natuurmens. Die winkels het my erg verbaas en die winkel by Marlothi sentrum se slaghuis het heerlike vleis gehad vir ons braai. Die langnaweek was net te kort, sal volgende keer langer gaan."
"Thank you so much for your hospitality, friendliness and warm welcome towards your guests."
"Almal was baie vriendelik en hulpvaardig, en die besighede maak dit baie gerieflik. Daar is net 'n geweldige hoeveelheid mense of werkers wat oral in die straat rondsit of staan, wat 'n mens onveilig laat voel."
"Alhoewel dit 'n baie ou dorpie is, is daar steeds in en om die omgewing plekke wat die moeite werd is om na te gaan kyk en sommer net lekker te ontspan en rus."
"Dit is 'n fatastiese natuurskoon. Ons het al die plekke/watervalle in Graskop, Pelgrimsrus en Sabie besoek. Was 'n wonderlike naweek gewees. "
"'n Besoek aan Sabie Valley Coffee Roastery is 'n moet. Hulle verskaf die heerlikste vars koffie en die beste wortelkoek in die land!"
"Lekker sentraal geleë om as basis te gebruik om al die toeristebestemmings in die area te besoek. En daar is heelwat!"
"Kaapsehoop is a great break away for a few days or just to spend the day. Make sure you walk to the escarpment edge / view point."