Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.5 out of 5 based on 6133 reviews.
"Lovely destination if you just want to relax as there's not much to do. The Bohemian Groove Café is a must for delicious food and friendly service, and it's pet friendly too!"
"Sabie is a quiet, peaceful town. If you are from noisy cities Sabie is the place to visit just to enjoy tranquillity. "
"Roads need to be upgraded in Dullstroom and its surrounds."
"Pragtige plek net jammer ons kon twee watervalle nie beskou nie, daar was nie water nie en ons kon ook nie God's window gaan sien nie want dit was vreeslik mistig, maar ons sal weer terug gaan om dit te sien."
"Die verkeer se geraas wat partymaal bietjie steur, maar dis nie doodsake nie, en ek sal altyd terugkom want dis waar die wildtuin is."
Kruger National Park South, Mpumalanga
Elephant Walk Retreat"Te besig, voel soos N1 tussen Johannesburg en Pretoria. Sal eerder minder diere sien in ruil vir stilte."
"Vuil dorp, maar baie oulike restaurante en gastehuise, behalwe Bali Biasa wat teleurstellend was."
"Vir mense wat lief is vir die natuur en die wilde diere is dit die regte plek om te besoek. Selfs met die droogte het ons baie wild gesien in die park self. Die nodigste items is beskikbaar in die klein winkeltjies. Daar is eetplekkies vir dié wat nie van 'n bos-braai hou nie. Marloth Park self is skoon en die mense van die omgewing vriendelik. "
"Sabie self is baie lekker, hoewel die paaie bietjie beter versorg kan word. En die Super Spar het niks nie. Die cafe op die hoek het een beter verskeidenheid."
"Kort net 'n slaghuis. Spar is die enigste plek waar jy kan vleis koop en sy pryse is baie duur."
"Ek slaap net oor in Ermelo weens besigheid. Daar is gewoonlik nie tyd vir rondloop nie."
"Marloth Park se mense is baie vriendelik en ons sal enige tyd weer by Marloth Park uitspan."
"Op die oomblik is dit maar baie droog in Marloth Park, maar dit bly nog 'n baie lekker plek om te gaan uitrus en kuier. "
"Graskop was the perfect destination as it was central to everything, e.g. Mac Mac falls, Mac Mac pools, God's window etc. "
"Ek is nie seker oor Sonheuwel as 'n toeristebestemming nie - ek bly gewoonlik slegs vir besigheid, maar dit is baie sentraal geleë."
"Wat 'n heerlike, pragtige klein dorpie. Dit is ook honde-vriendelik. Love dit! Baie om te doen en te sien in en om die omliggende omgewing. "
"Dullstroom is 'n besonderse rustige plekkie in Mpumalanga wat die toeris so baie bied om te geniet. Daar is 'n verskeidenheid restaurante en winkels wat iets van alles onder die son aanbied. Handgemaakte sjokolade, heerlike koffiebone, die lekkerste biltong en natuurlik 'n dorpie met 'n hotel uit die boonste rakke. Al die personeel is vriendelik en behulpsaam met heerlike koel weer en forel-teëlplase."
"Die paaie is op plekke amper onbegaanbaar. Marloth Park moet aandag hieraan gee."
"Oulike dorpie en lekker uiteet-restaurante. Ongelukkig bitter min kunsvlytwinkels wat tipiese eie aan Dullstroom geskentjies verkoop. Alles African so dis baie vir die toeristemark. Nie baie vir ons plaaslike mense soos bv. Clarens nie."
"Puik toeristebestemming. Rustig en kan lekker uitrus. Die mak diere wat vry loop skep ongelooflike atmosfeer. Genoeg winkeltjies in Marloth Park om al die nodigste goedjies te koop."
"Marloth Park is 'n lekker rustige park waar jy kan rondry en diere besigtig. Al wat ons kan voorstel: die winkels is te duur, en goedkoper produkte sal dit die moeite werd maak as 'n gesin inkopies wil doen. Verder is almal baie vriendelik en daar is van alles beskikbaar, net te duur. "