Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6237 resensies.
"Daar is so baie gesinsaktiwiteite in Hazyview. Dis Baie bekostigbaar om na al die watervalle te gaan kyk en meeste aktiwiteite is 'n kort rit. "
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
3 on Greger Accommodation"Mooi dorp. Baie besig maar moeite werd om te besoek."
"Na die onlangse reen is die veld en wildslewe in uitstekende kondisie. Rustige atmosfeer sonder geraas en bewegende voertuie na donker maak dit n wonderlike moet ervaar vakansie gebied. "
"Daar is wonderlike dinge om te doen in Hazyview, maar ongelukkig peperduur."
"Ek het te min met Witrivier te doen gehad maar daar is vreeslik baie om te doen in die omgewing en die fietsry was hectic met al die opdraandes."
"Baie rustig met alles wat nodig is. Die wild lyk gesond en is mak, mens kan alles van naby besigtig. Die sekuriteit was baie behulpsaam."
Nasionale Krugerwildtuin Suid, Mpumalanga
Ndzhaka Tented Camp"Die park was mooi. Die veld was pragtig groen en ons het regtig baie diere gesien. Die kwaliteit van die restaurant het ongelukkig erg agteruit gegaan."
"Dis jammer die plekke het baie vervalle geraak en baie winkels het toegmaak - die beperkte eetplekke is die moeite werd om te besoek."
"Gaan eet beslis by Pickles & Things Bistro - die diens is vriendelik en kos uitmuntend. lieflike en vriendelike dorpie."
"Daar is oulike winkeltjies, restaurante en heelwat besienswaardighede in die dorpie en iets vir almal om te doen. Dis nie te ver van Johannesburg af nie, so maklik vir 'n naweek om weg te breek. "
"Mooiste staproetes na die waterval en die eskarp. Rustige dorpie met die mooiste perde! "
"As die munisipaliteit net iets aan die paaie kan doen! Verder 'n lieflike plek, wonderlike restaurante en winkels."
"Die pad na Lydenburg vanaf Dullstroom is in verskriklike toetstand en moet nie in donker aangedurf word nie Groot vragmotors is 'n probleem op die nasionale pad. "
"Mooi dorpie met geen potensiaal. Toerisme-agentskappe word dan betaal om toeriste daarheen te neem."
"We've visited Dullstroom a couple of times and we're always sad to leave. It's the feeling of being part of a bigger family. It's wonderful. We are in love with Dullstroom and it's beautiful surroundings. "