Geverifieerde Resensie

Mpumalanga

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6002 resensies.

Marlothpark, Mpumalanga

Phumangeni Marloth Park

"Vir mense wat lief is vir die natuur en die wilde diere is dit die regte plek om te besoek. Selfs met die droogte het ons baie wild gesien in die park self. Die nodigste items is beskikbaar in die klein winkeltjies. Daar is eetplekkies vir dié wat nie van 'n bos-braai hou nie. Marloth Park self is skoon en die mense van die omgewing vriendelik. "

Sabie, Mpumalanga

Oom Gawie se Plek

"Sabie self is baie lekker, hoewel die paaie bietjie beter versorg kan word. En die Super Spar het niks nie. Die cafe op die hoek het een beter verskeidenheid."

Graskop, Mpumalanga

Log Cabin & Settlers Village

"Kort net 'n slaghuis. Spar is die enigste plek waar jy kan vleis koop en sy pryse is baie duur."

Ermelo, Mpumalanga

Bo Kamer Guesthouse

"Ek slaap net oor in Ermelo weens besigheid. Daar is gewoonlik nie tyd vir rondloop nie."

Hazyview, Mpumalanga

Oppi Plaas

"'n Naweek is te kort om alles te doen - volgende keer gaan ons vir 'n week!"

Marlothpark, Mpumalanga

Buffalo Chalets Marloth Park

"Marloth Park se mense is baie vriendelik en ons sal enige tyd weer by Marloth Park uitspan."

Marlothpark, Mpumalanga

Wildsbokkie Holiday Home

"Op die oomblik is dit maar baie droog in Marloth Park, maar dit bly nog 'n baie lekker plek om te gaan uitrus en kuier. "

West Acres, Mpumalanga

9 on Feijoa

"Will surely revisit in full summer for the pool experience."

Sonheuwel, Mpumalanga

La Roca Guest House

"Ek is nie seker oor Sonheuwel as 'n toeristebestemming nie - ek bly gewoonlik slegs vir besigheid, maar dit is baie sentraal geleë."

Dullstroom, Mpumalanga

Muddlers Minnow

"Wat 'n heerlike, pragtige klein dorpie. Dit is ook honde-vriendelik. Love dit! Baie om te doen en te sien in en om die omliggende omgewing. "

Dullstroom, Mpumalanga

Mahanaim

"Dullstroom is 'n besonderse rustige plekkie in Mpumalanga wat die toeris so baie bied om te geniet. Daar is 'n verskeidenheid restaurante en winkels wat iets van alles onder die son aanbied. Handgemaakte sjokolade, heerlike koffiebone, die lekkerste biltong en natuurlik 'n dorpie met 'n hotel uit die boonste rakke. Al die personeel is vriendelik en behulpsaam met heerlike koel weer en forel-teëlplase."

Marlothpark, Mpumalanga

Die Hartbeeshuisie

"Die paaie is op plekke amper onbegaanbaar. Marloth Park moet aandag hieraan gee."

Dullstroom, Mpumalanga

Delagoa Dullstroom Cottage

"Oulike dorpie en lekker uiteet-restaurante. Ongelukkig bitter min kunsvlytwinkels wat tipiese eie aan Dullstroom geskentjies verkoop. Alles African so dis baie vir die toeristemark. Nie baie vir ons plaaslike mense soos bv. Clarens nie."

Hazyview, Mpumalanga

Kata Charis Lakeside Lodge

"Baie mooi omgewing - dorp self plek-plek maar so-so."

Hazyview, Mpumalanga

Thulamela Bed and Breakfast

"Pragtige plek en baie om te sien!"

Marlothpark, Mpumalanga

Jackalberry Ridge - Dream Resorts

"Puik toeristebestemming. Rustig en kan lekker uitrus. Die mak diere wat vry loop skep ongelooflike atmosfeer. Genoeg winkeltjies in Marloth Park om al die nodigste goedjies te koop."

Dullstroom, Mpumalanga

Delagoa Dullstroom Cottage

"My eerste keer in Dullsroom weens 'n troue. Sal verseker terug kom."

Marlothpark, Mpumalanga

Die Hartbeeshuisie

"Marloth Park is 'n lekker rustige park waar jy kan rondry en diere besigtig. Al wat ons kan voorstel: die winkels is te duur, en goedkoper produkte sal dit die moeite werd maak as 'n gesin inkopies wil doen. Verder is almal baie vriendelik en daar is van alles beskikbaar, net te duur. "

Schoemanskloof, Mpumalanga

Old Joe's Kaia

"Ek is bly ek het dit ondervind, maar daar is baie ander plekke by Lekkeslaap waarby ek wil uitkom. "

Witrivier, Mpumalanga

Balcony Manor

"'n Mooi dorp, goed geleë en klimaat is altyd lekker. "

Sabie, Mpumalanga

Sabie River Camp

"Wel, indien die gemeenskap en omgewing nie baie dringend hierdie ernstige probleme gaan aanspreek nie, gaan minder en minder toeriste Sabie besoek. Ek is baie seker dat daar wel ander toeriste-akkommodasiegeriewe is wat met dieselfde probleem sit."

Marlothpark, Mpumalanga

Doringpoort: Apiesdoring 1622-A Self-catering Moddervis

"Dis hartseer dat dit tans so droog is oral, maar hopelik sal ons gou reën kry. Marloth is aangenaam en lekker om net te ontspan."

Dullstroom, Mpumalanga

Anglers Court

"Winkels en van die koffiewinkels wat 5 uur op 'n Vrydag en Saterdag toemaak maak nie vir my sin nie."

Dullstroom, Mpumalanga

Anglers Court

"Good restaurants but grocery shops (if any) poor."

Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga

Panorama Guest Farm

"Baie beter vandat die hoofweg klaar is en die paaie opgradeer is vandat ek 5 jaar laas daar was. "

Witrivier, Mpumalanga

Lavender Guest House

"Kuier altyd lekker daar. "

Machadodorp, Mpumalanga

Moulin Manor

"Machadodorp het ongelooflike potensiaal. Die huise en kerke is baie mooi, maar die stand van paaie en skoonheid is die dorp se ondergang. "

Marlothpark, Mpumalanga

Hornbill's Nest Tree Top chalets

"Net die ontsettende droogte - maar daaraan kan ons as mense niks doen nie!"

Blad
Blad 180 - Wys 5371 tot 5400
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang