Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.5 out of 5 based on 6237 reviews.
"Die ligging is perfek veral langs die Krokodilrivier. Definitief 'n fantastiese ervaring."
"Heelwat om te sien en te doen in die omgewing. Kyk gerus vooraf op Google en maak seker dat jy nie op iets uitgemis het nie. "
"Marloth is an excellent location to Kruger. Some of the roads were in a poor condition due to the recent heavy rains but overall a lovely place to spend a holiday. "
"Ons het nie Waterval Boven binnegegaan nie. Aanduidings is dat die dorp doodloop as gevolg van die nabygeleë tolhek (R78 tolgeld). Glo is daar nie meer 'n enkele werkende restaurant in die dorp oor nie."
"Ons was net in-en-uit die dorp, nie daar deurgery sodat ek 'n opinie kan gee nie. Heidelberg is baie mooi met al die ou huise en geboue."
Kruger National Park South, Mpumalanga
Ndzhaka Tented Camp"Die natuur is ongerep en die wild is pragtig. "
"As jy wil wegkom van die gejaag, gedruis en besoedeling van Gauteng, dan is Sabie die plek om te "unwind". Die stadsraad moet tog net aandag aan die slaggate in en om die pragtige dorp skenk ."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Eco Eden Bush Lodge and Events Venue"Nelspruit is vir my halfpad na 'n regte bestemming toe - soos die wildtuin. Dit is nie die eindbestemming nie en daarom het ons net 1 aand oorgeslaap."
"Wat meer wil jy hê as om in die oggend uit te gaan en diere om jou te sien. Vriendelike mense by die winkels wat so lekker gesels en die rustigheid van die natuur. Jy het niks meer nodig nie. "
"Die House of Whiskeys se jenewerproe is die moeite werd, asook Charlie S se Dullstroom-ontbyt."
"Marloth Park word sterk aanbeveel. Dit bied oulike verblyfopsies en dit is waarde vir geld. Daar is diere wat vry rondbeweeg onder meer sebras, impalas en meer. Die Krokoldilrivier is maklik bereikbaar en diere soos seekoeie, renosters, leeus en krokodille kan vanaf die oewer gewaar word. Verder is daar 'n klein supermark, petrolstasie en 'n restaurant - alles is beskikbaar en die Krugerwildtuin is ook naby. "
"Absoluut puik. So lekker gewees met diere ens. Die Jabula Lodge se restaurant is puik."