Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6178 resensies.
"Dullstroom is 'n baie lekker vakansiedorpie en om daar rond te loop. Dit is net 'n bietjie duur vir ons arm Suid-Afrikaners. "
"Net jammer ek kon nie my hondekinders saambring nie, maar dit was heerlik en oulik om die bokkies te voer. Ek wens ek kon die naweek teruggaan. Personeel by die hek was baie vriendelik en behulpsaam."
"Dullstroom is interessant en was lekker om tussen al die winkeltjies rond te loop. Eetplekke is ook heerlik."
"As jy 'n rustige wegbreek soek, is Chrissiesmeer die regte plek. Ons het eers die oggend van ons vertrek uitgevind dat daar 'n gedenkteken is ivm die vryheidsoorloë. McClouds behoort 'n pamflet saam te stel hiervan."
"Soos al die klein plattelandse plekke is die dorp maar 'n bietjie vuil. Ek moet sê daar is 'n lieflike SPAR indien jy iets by die huis vergeet het."
"Baie oulike dorpie. Die mense was almal vriendelik en ons het heerlik koffie by verskeie eetplekkies geniet."
"Mooie uitvalsbasis voor, met name, bezoek aan het Krügerpark, ook voor langdurig verblijf. Zijn voldoende winkels voor dagelijkse behoefte en ook restaurants voor een avondje uit. Wat ons betreft, stak het Jabula restaurant er boven uit. Een min-puntje: sommige "wegen" in het park zijn van een slechte kwaliteit. Een weandeling langs het hek bij de Crocodile River moet zeker worden gedaan met een stop bij het Ämazing River View restaurant."