Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.5 out of 5 based on 6237 reviews.
"Marloth Park bied alles wat jy benodig. Sou graag meer inligtingstukke by die inkopiesentrum of elders beskikbaar wou hê sodat 'n persoon nie oningelig is nie. Die mense is vriendelik en behulpsaam. "
"Kunstige dorpie, maar 'n mens gaan tog nie vir die winkels en restaurant nie, maar vir die kaggelvure, rooiwyn en forel!"
"Die natuuraktiwiteite en padaanwysings buite die dorp kon beter geadverteer word onder meer die pad na die Verloren Vallei-natuurreservaat. Baie winkeltjies was op Maandae en Dinsdae gesluit en teleurstellend. Daar is caie eetplekke, maar ons sou graag 'n groter verskeidenheid winkeltjies wou sien. Verder baie rustig en lekker gerus. Die omgewing is lieflik met grasvelde, vleilande, riviertjies en damme."
"Klein dorpie, maar daar is alles wat 'n mens nodig het. Die Long Tom-pas was pragtig, maar senutergend in die mis. Daar is pragtige uitsigte op pad na Sabie."
"Dullstroom is 'n baie lekker vakansiedorpie en om daar rond te loop. Dit is net 'n bietjie duur vir ons arm Suid-Afrikaners. "
"Net jammer ek kon nie my hondekinders saambring nie, maar dit was heerlik en oulik om die bokkies te voer. Ek wens ek kon die naweek teruggaan. Personeel by die hek was baie vriendelik en behulpsaam."