Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.5 out of 5 based on 6133 reviews.
"Marlothpark is 'n wonderlike plek om te besoek, maar mens moet by die reëls hou sodat dit vir almal wat kom kuier sowel as die diere 'n goeie ervaring kan wees. Die spoedgrens is daar vir 'n rede en so ook die versoek dat mense nie moet raas of mors nie. Ek kom weer en weer en weer terug na Marloth want dit is my hartsplek."
"Dullstroom is a great destination for weekend (or longer) getaways. Within travel distance from Pretoria. Great for families or couples looking to get away from the city to a more tranquil environment. Lots of outdoor activities."
"Beautiful destination. Would highly recommend a holiday in the region."
"Witrivier is in 'n aangename klimaatstreek geleë en baie sentraal vir besoeke aan die Krugerwildtuin, Blyderivierpoort of ander toeristeaantreklikhede in die Laeveld."
"Die omgewing, nie net Sabie, het baie agteruit gegaan. Was baie geskok. God's Windows is regtig 'n totale gemors."
"Baie besig gewees oor die langnaweek (soos altyd). Paaie is in 'n swak toestand en benodig dringend aandag. Ons het vir 13 jaar 'n huis daar gehad en paaie was gereeld geskraap."
"Die grensdraad tussen Marlothpark en die Krugerkildtuin is kommerwekkend en in 'n baie swak toestand. Nie seker of dit die parkeraad se verantwoordelikheid is nie, maar kan verstaan dat daar leeus en ander diere maklik kan oorloop na Marlothpark."
"Dit werk dalk vir 'n vinnige oorstop en 'n aand se slaap, maar nie as 'n toeristebestemming nie."
"Ongekontroleerde werkers blyk problematies te wees. Stil eenhede (lock-up and go) kan maklik beset word in eienaar se afwesigheid en sonder eienaar se medewete."
"Daar is geen plek soos Marloth. Beste plek in die bos en natuur."