Resensies van Northern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.04 uit 5 gekry volgens 6071 resensies.
Susan R. - 16th February 2021
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Baie agteruit gegaan, baie hartseer om dit te sien.
Nico L. - 16th February 2021
staying in Hondeklipbaai, Noord-Kaap
Heerlike, rustige vakansiedorpie.
Andria O. - 16th February 2021
staying in Williston, Noord-Kaap
Williston is 'n pragtige skoon dorp met vriendelike mense. Manna Restaurant doen sy reputasie gestand as voorkeur eetplek vir besoekers, sowel as plaaslike inwoners.
Elsa N. - 15th February 2021
staying in Keimoes, Noord-Kaap
Sal maar altyd mooi bly.
Braam C. - 15th February 2021
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Baie vuil en swak onderhoud in die sentrale sakekern, en sommige areas lyk baie onveilig. Komende van Pretoria is dit nie baie snaaks vir ons nie, maar is dit weereens vir ons duidelik na ons vakansie deur die Wes-Kaap dat die res van die provinsies se standaarde baie ver tekort skiet.
Hester B. - 15th February 2021
staying in Keimoes, Noord-Kaap
Perfek vir 'n oornagplek.
Erika D. - 15th February 2021
staying in Britstown, Noord-Kaap
Was net 'n oornagplek en het nie veel van Britstown gesien nie.
Ansie P. - 15th February 2021
staying in Keimoes, Noord-Kaap
Na genoeg aan Augrabies Valle om daar te oornag.
Hannes V. - 15th February 2021
staying in Keimoes, Noord-Kaap
Baie mooi dorpie en gasvrye mense wat mens nie meer vandag oral kry nie. Mooi landskap met druiwe en besproeide persele. Augrabies ook pragtig.
Sandra S. - 15th February 2021
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Lieflike en baie skoon dorp.
Bertie V. - 15th February 2021
staying in Kakamas, Noord-Kaap
Mooi dorpie.
Chrisna S. - 15th February 2021
staying in Keimoes, Noord-Kaap
So pragtige omgewing om jou batterye te laat laai en te ontspan. Gasvryheid uit die boonste rakke!
Annelie K. - 15th February 2021
staying in Kakamas, Noord-Kaap
Baie baie interessante dorpie.
Esmari P. - 14th February 2021
staying in Port Nolloth, Noord-Kaap
Daar is baie min om te doen in die dorp. Ons kon geen vars vis te koop kry nie en al die restaurante was toe. Dis baie ver om te reis en ons het bietjie meer verwag maar die mense is baie vriendelik en behulpsaam. Vir ’n paar nagte is dit ideaal.
Lydia N. - 14th February 2021
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Calvinia is 'n oulike, skoon dorp met vriendelike inwoners, en genoeg om toeriste besig te hou.
Louise O. - 14th February 2021
staying in Kuruman, Noord-Kaap
Die strate van Kuruman is nie veilig. Hou jou deure gesluit en moenie stop by besige, onveilige plekke.
Sakkie V. - 13th February 2021
staying in Hondeklipbaai, Noord-Kaap
Aangename atmosfeer.
Lydia N. - 12th February 2021
staying in Prieska, Noord-Kaap
Die dorp is 'n aangename verrassing. So op die wal van die Oranjerivier, oorwegend skoon, en 'n mens kry die idee dat daar moeite gedoen word om dinge aan die gang te hou vir die dorp. Ons het die aand by die restaurant, Riverview Lodge, baie geniet.
Hannes V. - 12th February 2021
staying in Upington, Noord-Kaap
Dis 'n baie skoon dorp.
Esme K. - 12th February 2021
staying in Kakamas, Noord-Kaap
Ons ry gereeld deur en vind dit geskik vir oornag, maar sal nie langer as 'n dag vertoef nie, tensy daar bekostigbare aktiwiteite of toere aangebeid word nie. Op die stadium is ons nie bewus van enige en ons bestemming is gewoonlik 'n paar km's ver.
Natasja E. - 12th February 2021
staying in Upington, Noord-Kaap
Baie vriendelike dorp, en behulpsaam.
Grietjie D. - 12th February 2021
staying in Van Zylsrus, Noord-Kaap
Pragitge Kalahari-juweel.
Estelle V. - 11th February 2021
staying in Augrabies, Noord-Kaap
Hou die weervoorspellings dop en as die damme in die Gariep begin oorloop, laat waai na Aurgrabies - dis dan valletyd!
Weibrand L. - 11th February 2021
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Ideaal geleë tussen Johannesburg en Kaapstad. Goeie ligging om behoorlik te rus halfpad na die Wes-Kaap vanaf Gauteng.
Marina V. - 11th February 2021
staying in Augrabies, Noord-Kaap
It was breathtaking.
Paul V. - 10th February 2021
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Lots of history.
Regina V. - 9th February 2021
staying in Augrabies, Noord-Kaap
'n Moet sien!
Natasha D. - 9th February 2021
staying in Augrabies, Noord-Kaap
As gevolg van Covid-19 kon ons nie alles benut wat Augrabies bied nie en dit was ongeleë dat restaurante toe was en winkels vroeg toegemaak het.
Johan K. - 9th February 2021
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Rustige Karoo-dorpie.
Andrè H. - 9th February 2021
staying in Upington, Noord-Kaap
Baie warm vir Gautengers hierdie tyd van die jaar! Ons dag ons het by 'n hotel ingeboek, maar dit was nader aan die Hel!
Margaret V. - 9th February 2021
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Goeie oorslaap vir rit terug van Stilbaai na Johannesburg.
Andria O. - 9th February 2021
staying in Douglas, Noord-Kaap
Dis 'n klein dorpie met versteekte juwele. Die samevloeiing van die riviere net buite die dorp is asemrowend
Adrienne T. - 9th February 2021
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Pragtige ou geboue en huise.
Yolanda S. - 8th February 2021
staying in Kakamas, Noord-Kaap
Moenie dat die hoofstraat jou mislei nie. Ry bietjie rond en ontdek klein diamante oraloor.. Van waterwiele tot pragtige kokerbome, moderne winkels en die Pienk Plek.
Regina V. - 8th February 2021
staying in Keimoes, Noord-Kaap
Goeie plek om te oornag op pad na Augrabiese Watervalle. Mooi deel van die Noord-Kaap met al die wingerde en die rivier.
Andre G. - 8th February 2021
staying in Kakamas, Noord-Kaap
As dit nie vir die Augrabiese Valle was nie, nie veel anders wat aangbied word nie. Pienk Padstal sluit 4 uur en die pasteie waarvoor dit bekend is het nie genoeg voorraad as mens later in die dag kom nie. Ek kan wel die riemvasmaak en die warmbron in die natuur aanbeveel, mits jy met ’n bakkie ry. Vergelegen se aandete is baie goed geprys.
Annelie C. - 8th February 2021
staying in Kakamas, Noord-Kaap
Beslis die moeite werd om daar oor te slaap vir 'n aand of 2.
Bridget K. - 8th February 2021
staying in Kenhardt, Noord-Kaap
Very cute town with lots of friendly people. Would visit again.
Quentin V. - 8th February 2021
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Colesberg was ’n teleurstelling, die deel van die dorpie waar ons was, het ons baie onveilig gevoel.
Tshegofatso M. - 7th February 2021
staying in Augrabies, Noord-Kaap
A place to unwind, relax, have fun and see nature.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]