Resensies van Northern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.05 uit 5 gekry volgens 3801 resensies.
Lyndon L. - 4th September 2017
staying in Upington, Noord-Kaap
Baie potensiaal.
Sonja S. - 4th September 2017
staying in Springbok, Noord-Kaap
Springbok is groter as verwag en heel mooi geleë. Die omgewing is interessant en die Goegap Park is baie goed. Daar was natuurlik geen blomme agv die droogte.
Alwyn S. - 4th September 2017
staying in Herlear, Noord-Kaap
Veilige afdeling en is naby midde dorp, naby Diamond Pavilion Mall - maklik om te kry.
Yvonne D. - 4th September 2017
staying in Springbok, Noord-Kaap
Pragtige klein dorpie met al die nodige winkels. Maklike toegangsroetes.
Ap C. - 3rd September 2017
staying in Kuruman, Noord-Kaap
As jy genoeg tyd het kan die dorp behoorlik verken word.
Sias S. - 3rd September 2017
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Mooi dorpie met 'n paar interessante plekkies.
Moller N. - 3rd September 2017
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Geniet die plattelandse stilte en die koue en sommer die Karoo se eie skoonheid.
Amelia D. - 3rd September 2017
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Sutherland, behalwe vir SALT en The Blue Moon waar ons gulhartig en vriendelik ontvang is deur Jannie Degenaar toe ons gaan skuil het teen die ongenadige koue van Die Bushuis, is nie die moeite werd nie.
Petra H. - 2nd September 2017
staying in Britstown, Noord-Kaap
The town of Britstown is bleak, but on the this route it is an ideal stop-over destination. The hotel is a real gem and I can only congratulate the owners.
Ben V. - 2nd September 2017
staying in Groen Kalahari, Noord-Kaap
Mooi omgewing tussen besproeide wingerde naby Oppi-Eiland. Nie ongerepte natuur nie.
Ben V. - 2nd September 2017
staying in Blydeville, Noord-Kaap
Ons het dit net as 'halfwegstasie' gebruik vir netjiese oornag.
Anne V. - 2nd September 2017
staying in Loxton, Noord-Kaap
Meer kan gedoen word om Loxton te bemark. Die diens en ete by Rooi granaat was 'n hoogte punt.
Roland N. - 1st September 2017
staying in Groen Kalahari, Noord-Kaap
Nooit besef die omgewing is so mooi nie. Beplan gerus om langer te bly. Die Augrabiese Watervalle was asemrowend, al was die watervlak baie laag.
Roland N. - 31st August 2017
staying in Springbok, Noord-Kaap
Mooi ou kerk. Plek is skoon en die mense vriendelik. Goeie diens by Trentyre Springbok gekry.
Ronnie E. - 31st August 2017
staying in Kuruman, Noord-Kaap
Pragtige dorpie met meer as genoeg gastehuise (Glimlag).
Willie V. - 31st August 2017
staying in Springbok, Noord-Kaap
Mens moet begrip en waardering vir die harde wêreld hê, dan geniet mens dit!
Andre P. - 31st August 2017
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Wil nog die Gariep- en VanderKloofdam besoek.
Almie V. - 30th August 2017
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Maak seker dat julle die Kimberley se gat besoek. Doen die toer en gaan by die mynskag af.
Michael H. - 29th August 2017
staying in Carnarvon, Noord-Kaap
Carnavon is an ideal stopover between Kimberly and Springbok.
Hennie L. - 29th August 2017
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Interessante dorp, sterrewag en sterrekyk is die rede om te besoek (SALT en Jurg buite die dorp). Beplan net vir brandstof en basiese benodigdhede, want baie besighede besluit self oor besigheidsure wat vir ons baie ongerieflik was tydens ons besoek. Inwoners baie vriendelik en hulpvaardig. .
Linda J. - 29th August 2017
staying in Britstown, Noord-Kaap
It is a clean, small town, conveniently situated for a stop over on the N12.
Elsabe K. - 29th August 2017
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Vir seker die moeite werd om te sien.
Fernandez M. - 29th August 2017
staying in De Aar, Noord-Kaap
Baie min om te doen en die plekke maak vroeg toe.
Attie J. - 28th August 2017
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Ons het al die verskillende winkels geniet om te besoek veral die winkelsentrum en die vulstasie wat langs die pad geleë is. Die sterland teleskope en die teleskope by Suid-Afrika Astrologie Sterrewag (SAAO) en SALT. Dit was 'n belewenis! Dit was vir ons 'n sprokieswêreld met die sneeu wat geval het.
Neels R. - 28th August 2017
staying in Kathu, Noord-Kaap
Was goed ontvang en bedien in die Wimpy.
Leon E. - 28th August 2017
staying in Kuruman, Noord-Kaap
Kuruman het baie verander van die laaste tyd wat ek daar oornag het. Ongelukkig bied die dorp nie genoeg eetplekke om n ete te nuttig nie.
Arianna V. - 28th August 2017
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Baie vriendelike dorpie.
Adriaan F. - 28th August 2017
staying in Springbok, Noord-Kaap
Springbok is ideaal geleë vir 'n besoek aan Namakwaland. Verskeie dagritte kan gemaklik na Port Nolloth, Skilpad Natuurreservaat en ander omliggende gebiede geneem word.
Adriaan F. - 28th August 2017
staying in Kamieskroon, Noord-Kaap
Kamieskroon is klein met beperkte fasiliteite maar is goed geleë vir die Namakwaland blomme.
At S. - 28th August 2017
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Ek sou dit net as oorslaapfasiliteit aanbeveel.
Gerald V. - 28th August 2017
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Die besoek is regtig die moeite werd!
Paul B. - 28th August 2017
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Die grootste aantrekkingskrag is 'n besoek aan die planetarium. Baie interresant!
Nikki S. - 28th August 2017
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Was 'n lekker platteland-kuier. Rustigheid was great!
Paul B. - 28th August 2017
staying in Kakamas, Noord-Kaap
Alle toeriste sal die omgewing interresant vind.
Paul B. - 28th August 2017
staying in Springbok, Noord-Kaap
Pragtige omgewing en ideaal vir toeriste wat hou van die natuur.
Mariesa N. - 28th August 2017
staying in Kamieskroon, Noord-Kaap
Ons het lekker eetplekkie gesoek wat nie net koek en brood bedien nie.
Renier S. - 28th August 2017
staying in Richmond, Noord-Kaap
Richmond verdien om meer toeriste te kry. Oulike dorpie wat verken kan word.
Hannelie A. - 28th August 2017
staying in Kamieskroon, Noord-Kaap
Berge en grondpaaie in die omgewing maak op vir geen blomme! Stil en rustig daar!
Louwrens E. - 28th August 2017
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Baie mooi gebied net ongelooflik droog.
Melanie S. - 28th August 2017
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Die dorpie is klein en interessant. Die mense is vriendelik en gasvry. Ons was met ope arms verwelkom in elke plekkie en het heerlik geklets met almal. Die personeel van die museum was regtig vriendelik en die gasvrou van die bed en ontbyt by die Old lady was aangenaam.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za