Resensies van Northern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.06 uit 5 gekry volgens 3904 resensies.
Phillip L. - 24th October 2016
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Colesberg is 'n baie lekker plek om tydens 'n langerige reis oor te bly en te rus. Ons ervaring is dat baie vriendelike en gasvrye mense in Colesberg bly.
Rossouw K. - 24th October 2016
staying in Richmond, Noord-Kaap
Alle winkels was vroeg toe en kon dus nie ervaar. Lyk interessant van buite.
Rochelle P. - 22nd October 2016
staying in Britstown, Noord-Kaap
Ongelukkig net deur die dorp gery en op ure waar daar nog geen beweging was nie.
Koos V. - 20th October 2016
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Baie lekker geëet teen baie billike prys by JC's Restaurant op aanbeveling van gastehuis ontvangspersoon.
Marinus V. - 19th October 2016
staying in Noord-Kaap
Very different, but interesting.
Wynand O. - 17th October 2016
staying in Colesberg, Noord-Kaap
.
Speek V. - 17th October 2016
staying in Richmond, Noord-Kaap
Richmond as dorpie het totaal agteruitgegaan. Ons was selfs bang dat ons nie brandstof daar sal kry nie, maar gelukkig was dit nie 'n probleem nie.
Rudolph D. - 17th October 2016
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Pragtige plek, was al paar keer in jul dorp en geniet veral die mense en die klimaat.
Cornie G. - 17th October 2016
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Beter inligtingsdiens word benodig.
Margaret J. - 17th October 2016
staying in Kamieskroon, Noord-Kaap
'n Tipiese klein plattelandse dorpie vir rustigheid. Sal bietjie meer eetplekkies waardeer het.
Johan C. - 16th October 2016
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Bespreek 'n eetplek vroegtydig op 'n Woensdagaand, dit raak redelik besig in die bekendste plekke.
Marius D. - 16th October 2016
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Gaan maak 'n draai. Pragtige, vriendelike stad.
Laetitia V. - 15th October 2016
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Sutherland is definitief 'n dorpie om te besoek. Natuurlik was SAAO en SALT die hoogtepunt van ons besoek. Sal dit verseker aanbeveel.
Daniel V. - 15th October 2016
staying in Augrabies, Noord-Kaap
An unknown beauty.
Cornie G. - 15th October 2016
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Calvinia is meerendeels 'n deurgangsdorp. Tog is daar genoeg geriewe vir mense wat langer as 'n dag of meer wil bly.
Elwin T. - 14th October 2016
staying in Douglas, Noord-Kaap
Douglas omgewing is baie, baie droog. Die begraafplaas waar ons ouers begrawe is, is onversorg en vuil. Die dorp self is ook nie van die skoonste alhoewel daar baie nuwe ontwikkeling is van ons laas daar was so tien jaar gelede.
Joke V. - 12th October 2016
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Ek dink Sutherland moet volgende jaar die wenner van Kwêla se dorp van die jaar wees! So 'n skoon dorp het ek lanklaas gesien.
Susan D. - 12th October 2016
staying in Augrabies, Noord-Kaap
Asemrowend! Net gaar gebyt van muggies en muskiete. 'n Volgende keer sou ons graag by die valle wou bly.
Susan D. - 12th October 2016
staying in Springbok, Noord-Kaap
Lieflike dorpie.
Aloës K. - 12th October 2016
staying in Calvinia, Noord-Kaap
'n Goeie plekkie om te stop en rus.
Floyd B. - 11th October 2016
staying in Springbok, Noord-Kaap
Great centre to be based at to visit the flower areas in the Northern section of Namaqualand.
Myleen O. - 11th October 2016
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Ons is gewoonlik op pad êrens heen as ons deur Colesberg gaan, maar ek is seker daar sal baie te doen wees vir die Karoo siel.
Estelle K. - 10th October 2016
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Werklik 'n verrassing - daar is heerlike kuierplekke oral en almal het ons baie hartlik ontvang.
Fanie V. - 10th October 2016
staying in Britstown, Noord-Kaap
Die dorp was baie mooi skoon.
Berantha V. - 10th October 2016
staying in Die Rand, Noord-Kaap
Goed.
Nicola V. - 10th October 2016
staying in Augrabies, Noord-Kaap
We suggest to visit the Augrabies Falls.
Susan D. - 9th October 2016
staying in Upington, Noord-Kaap
As die toeris vriendelikheid, behulpsaamheid en rustigheid soek, hoef daar nie verder as Upington gesoek te word nie. Upington en die omliggende dorpies was vir ons 'n totale belewenis.
Attie B. - 9th October 2016
staying in Loxton, Noord-Kaap
Loxton het potensiaal!
Johann G. - 9th October 2016
staying in Kamieskroon, Noord-Kaap
Dit is 'n goeie bestemming vir besigtigingstoere in die omgewing. Die Namakwa Nasionale park se skilpadroete begin nie ver hiervandaan nie. Ons het ook die roete oor die Kamiesbergpas na Leliefontein en die Studerspas verken. Verder is dit ook nie ver van plekke soos Garies, Hondeklipbaai en Springbok nie.
Annamarie V. - 8th October 2016
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Net een eetplek was oop op die Sondagaand, maar dit was goed.
Gerrit M. - 5th October 2016
staying in Die Rand, Noord-Kaap
Conveniently situated near a new mall where there is a large variety of shops.
Andre O. - 5th October 2016
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Soveel geskiedenis on te ervaar, eintlik meer as net oornag-bestemming.
Henk V. - 4th October 2016
staying in Keimoes, Noord-Kaap
Keimoes is sentraal geleë vir mense wat dieselfde doel as ons gehad het. Die mense is baie vriendelik en behulpsaam. (Het die aand voor ons vertrek motorprobleme gehad wat vroeg die oggend van vertrek op 'n baie vriendelike en behulpsame manier uitgesorteer was. Ons reis terug is toe net met 3,5 uur vertraag en teen 'n baie billike prys.)
Selma K. - 4th October 2016
staying in Carnarvon, Noord-Kaap
Ideaal geleë na 'n lang dag se ry. Hier en daar laat die kleure van die huise mens dink aan die Bo-Kaap.
Lente W. - 4th October 2016
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Nie tyd vir rondkyk gehad nie. Sou graag meer wou sien.
Carmi V. - 4th October 2016
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Die strate in die stad kan baie moeilik wees met die GPS, maar oor die algemeen was die besoek skaflik. Die groot gat was een van ons stoppunte en dit was wonderlik om alles daar te beleef.
Piet C. - 4th October 2016
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Baie oulike dorp om te besoek. Oorweeg nog 'n besoek
Selma K. - 2nd October 2016
staying in Springbok, Noord-Kaap
Springbok was regtig die verrassing van die reis. Groen en pragtig. Nie aan te veel mense vertel nie.
Trudie D. - 1st October 2016
staying in Kamieskroon, Noord-Kaap
Waar is al die Karoo-skaapvleis?
Johan L. - 1st October 2016
staying in Springbok, Noord-Kaap
Ons was verras deur die grootte van die dorp en die toeriste-fasiliteite.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za