Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 15801 resensies.
Stanford, Ontsnap Uit Kaapstad
Hermanuspietersfontein Cottages"Stanford is 'n pragtige en interessante dorp, die mense vriendelik en dis sommer net 'n lekker plek om op te gaan vakansie hou. Dis sentraal en 'n goeie basis waarvandaan mens die res van die omgewing kan verken."
Riebeek-Wes, Ontsnap Uit Kaapstad
Riebeek Valley Hotel"Dit is 'n stil plekkie, maar natuurskoon is pragtig. Ek sal graag gedurende die week daarheen wil gaan en 'n paar dae daar vertoef om die area beter te verken. "
Barrydale, Ontsnap Uit Kaapstad
The Blue Cow Barn – Boutique Farm Accommodation"Oulike Klein Karoo dorpie met lekker restaurante en paar snuistery winkeltjies. Lekker onderbreking op die R62 op pad na iewers heen."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Aloha 3"Strand is nie baie skoon nie. Daar is plastiek en gemors op die strand wat hulle dalk net op 'n daaglikse basis kan skoonmaak."
Riebeek-Wes, Ontsnap Uit Kaapstad
Church Hills Boutique Guest House"Rustigheid weg van die malle stad."
"Pragtige dorpie. Kon nie glo hoe mooi die ou huisies in stand gehou word. Skoon en veilig om te stap in die aande. Omring deur berge en mooiste natuur. Lekkerste skaaptjops by Misty Tin!"
Gansbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Oom Piet Accommodation"Ek sal dit voorstel aan almal. Pragtige kusdorpie met uitstekende pad, reëls en mense."
"Besoek Witsand as jy lekker wil baljaar in die see en klein kindertjies het wat daarvan sal hou om in die poeletjies te speel. "
"Montagu se Suid-Afrikaanse Polisie diens is puik. 100 sterre vir hulle."
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
21 on Bakoond"Die mooiste kusdorp, pragtige plekkie langs die see. Baie vriendelike, gawe mense. Ons het elke oomblik daar geniet!"
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Misty Waves Boutique Hotel"Pragtig! Mooiste skoon dorp en pragtige see-uitsigte. Lekker eetplekke en perfekte vakansiebestemming. "
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Sea Shack"Die dorpie kort meer eetplekkies. My mening is dat die dorp stadig maar seker begin agteruitgaan. Verder is dit 'n oulike plekkie. Daar is nie baie besienswaardighede nie. "
St. Helenabaai, Ontsnap Uit Kaapstad
The Whale Tale Villa"Mooi en rustige, skoon dorp. Nie so besig nie. "
Gansbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Oom Piet Accommodation"Wonderlike atmosfeer. Verkeer nie so druk nie."
Worcester, Ontsnap Uit Kaapstad
Suites on 74"Dit wil voorkom of misdaad nogal 'n probleem is in Worcester."