Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Potchefstroom

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Potchefstroom bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 931 resensies.

Potchefstroom

Akkommodasie @ Remembrance

"Munisipaliteit doen duidelik nie veel werk hier nie. Stink waterstrome, gras staan hemel hoog, paaie vol slaggate. Baie jammer want dit is 'n mooi dorp."

Potchefstroom

Molenhof Gastehuis

"Die verval in die dorpsgebied is bitterlik hartseer. Sypaadjies is vuil en oorgroei, parke is onversorg en paaie is vol slaggate. Baie hartseer."

Potchefstroom

River View Guest Rooms

"Soos enige ander dorp in ons land - vele slaggate - moet dus jou oë op die pad hou. Andersins baie mooi en vele restaurante om van te kies."

Potchefstroom

Bietjie Bosveld Lodge

"Die wilgerbome, inwoners en studente maak Potch baie spesiaal."

Potchefstroom

Rob's Place

"Mooi dorp maar ai, die slaggate!"

Potchefstroom

Opstal Gasteplaas

"Jammer van die water en al die slaggate in die paaie, andersins 'n aangename vriendelike dorp."

Potchefstroom

Akkommodasie @ Remembrance

"Area waar Remembrance geleë is, is baie rustig en die woonbuurte van Potchefstroom is baie mooi, maar die paaie van die sentrale dorp en veral die kruising van strate in die woonbuurte is in 'n bitter swak toestand: gate tot baie groot slaggate. Ek weet nie hoe die inwoners en studente met klein motortjies se voertuie moet hou daar nie. Die winkels is goed rondom NWU en die restaurante het goeie kos met goeie pryse."

Potchefstroom

Akkommodasie @ Remembrance

"Sal maar soos enige ander dorp in SA wat aan hulle paaie en netheid moet werk."

Potchefstroom

Dream Stop Guest Rooms

"Die munisipaliteit van Potchefstroom laat die pragtige dorpie totaal en al in die steek. My dogter studeer daar en ek is bekommerd oor haar veiligheid asgevolg van die toestand van die paaie en dat die krag, sonder enige waarskuwing, net afgesit word op die Bult. Dit was angswekkend, omdat dit stikdonker was en ek weet hoeveel studente en jongmense in die strate is, omdat hulle net vry wil lewe."

Potchefstroom

Akkommodasie @ Remembrance

"Vriendelike, rustige, mooi dorpie met lekker baie Afrikaans! Baie lekker eetplekkies met billike pryse."

Potchefstroom

Grey Manor Guesthouse

"Lovely little town, pleasantly surprised. "

Potchefstroom

Opstal Gasteplaas

"Ons besoek Potchefstroom omdat my dogter daar studeer. Dis ongelukkig om te sien dat die paaie verskriklik agteruitgaan en die dorp is oor die algemeen nie skoon nie. Die probleme met die munisipaliteit haal die dorp in. Die krag het sonder enige kennisgewing afgegaan en die dorp was pikdonker, daar was nie kragopwekkers nie en dit stel die kinders baie bloot aan misdaad en gevaar."

Potchefstroom

Biekierus Selfsorg Akkommodasie

"We were pleasantly surprised at the excellent service we received everywhere we went. Everyone was very friendly, a lovely warm town."

Potchefstroom

Elgro River Lodge

"Alles wat jy nodig mag kry. Pragtige gholfbaan en inkopiesentrum."

Potchefstroom

Schoemanshof

"Die grondpaaie is baie rof vir 'n gewone kar as mens êrens heen wil gaan."

Potchefstroom

A Tapestry Garden Guest House

"Gastehuise moet miskien net aandui dat hulle na aan die Universiteit is. Ons bespreek die afgelope 4 jaar verblyf in Potch om ons dogter wat 'n student is te besoek en sou net graag verblyf wou hê na aan die Universiteit. Dit is miskien net raad vir gastehuise om miskien voorsiening te maak vir ouers wat hulle kinders besoek."

Potchefstroom

Adato Guest House

"Potchefstroom rustiger kalm plek om te besoek."

Potchefstroom

The Bostokelos Guest House and Spa

"Het in die negentigjare met Reef Steamers se vintage stoomtrein gereis vanaf Johannesburg-stasie na Potchdam, toe die trein daar arriveer was braaivure gereed vir passasiers om hul eie vleis te braai, hulle moes eie opvoustoele saamneem en eetgerei, na twee ure het die trein terug vetrek na Johannesburg. Stoomtreinrook, braaivuurrook en die gefluit van die trein, roet in die hare kop by die venster uit met wind in die gesig, die golwende mielielande en huilende Wilgebome by die stroompie water in die wind, dit alles is harmonieus, wat meer wil stadskind hê. Dit voel of die trein moet stop by die padkruising sodat President Paulus Kruger te perd die spoorlyn kan oorsteek. Ek het ook ongeveer drie jaar gelede Aardklop bygewoon vir dag en aand vertoningbedsprekings, het oornag by vriende in Parys. Dit was klassieke vertonings, sal altyd Aardklop aanbeveel. Potch is definitief 'n studente- en landbougemeenskap."

Potchefstroom

Presidensie Guest Rooms

"So 'n pragtige dorp, maar ongelukkig is daar drastiese agteruitgang van die paaie en sekere geboue in die midde dorp."

Potchefstroom

The Feather Hill Boutique Hotel

"Great town with some new and unexpected things to do."

Potchefstroom

Bietjie Bosveld Lodge

"I was born here so it was a trip down memory lane. My kids loved it - some museums were closed due to COVID, but there was enough to keep us busy for a morning."

Potchefstroom

Molenhof Gastehuis

"Ons hou maar nog altyd lekker vakansie daar, rustig en weg van die stadslewe."

Potchefstroom

Dream Stop Guest Rooms

"Potch is ’n baie interessante omgewing en kan aan die meeste gaste ’n baie lekker kuier voorsien."

Potchefstroom

Road Lodge Potchefstroom

"There's not really much to do around there especially for the youth."

Potchefstroom

Opstal Gasteplaas

"Dit is 'n regte universiteitsdorp met pragtige boomryke strate, wees net op jou hoede vir die slegte paaie in die dorp."

Potchefstroom

Opstal Gasteplaas

"Ons was net daar om ’n begrafnis by te woon, maar sou graag langer wou bly. My man was daar tydens sy diensplig. Ons kon nie regtig baie rondry nie. Dit was hartseer van die afebrande stasie."

Potchefstroom

2 Owls Guesthouse

"’n Pragtige boomryke dorp."

Blad
Blad 15 - Wys 421 tot 450
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem