Resensies van Prince Albert

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Prince Albert bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.69 uit 5 gekry volgens 864 resensies.
Dalene K. - 29th September 2015
staying in Prins Albert
Dis 'n absolute wonderlike plattelandse dorpie en beslis net die regte medisyne vir 'n uitgeputte stadsiel. Ek gaan beslis in die toekoms ten miste een keer per jaar in Prins Albert gaan uitspan.
Lynette N. - 22nd September 2015
staying in Prins Albert
Ons het vreeslik lekker gekuier in die mooi dorpie, mooie winkels en 'n baie oulike bush pub wat in 'n baie mooi omgewing geleë is op 'n plaas met net sulke vriendelike eienaars.
Catharina L. - 17th September 2015
staying in Prins Albert
Prins Albert is 'n ongelooflike mooi plek en skoon. So baie om te sien en doen.
Madelein O. - 15th September 2015
staying in Prins Albert
Ons is sommer verlief op die dorp met sy pragtige argitektuur, gasvryheid en asemrowende natuurskoon!
Cornel T. - 11th September 2015
staying in Prins Albert
Wat 'n fantastiese plek met wonderlike mense.
Carl M. - 4th September 2015
staying in Prins Albert
Was baie aangenaam en daar is baie om jou mee besig te hou.
Granville R. - 27th August 2015
staying in Prins Albert
Quaint, old charming Karoo town, with lots of history and beautifully restored homes and buildings. The theatre is great, we did attend a show, which we thoroughly enjoyed. We so enjoyed the wild flowers in the surrounding countryside. Spring is everywhere!
Sarie K. - 24th August 2015
staying in Prins Albert
Prins Albert is 'n pragtige skoon dorp met mooi natuurskoon en het veral genoeg goeie eetplekke. Beslis 'n besoek werd.
Elna G. - 24th August 2015
staying in Prins Albert
Baie oulike dorpie met baie karakter!
Elize N. - 20th August 2015
staying in Prins Albert
Prins Albert word uitstekend bestuur, baie skoon, heerlike restaurante en baie vriendelike mense.
Schalk N. - 19th August 2015
staying in Prins Albert
'n Dorpie met baie karakter en 'n plek waar jy sielerus kan ervaar!
Saki M. - 18th August 2015
staying in Prins Albert
As iemand n stukkie van die hemel wil ontmoet, dis die plek om te besoek!
Christine C. - 11th August 2015
staying in Prins Albert
Mal oor Prins Albert se bekoring. Net groot genoeg, net klein genoeg. Heerlike verskeidenheid restaurante. Vriendelike, gasvrye mense. Dit sou lekker wees as daar nog so een of twee winkels met unieke produkte kon wees.
Jolanda A. - 28th July 2015
staying in Prins Albert
Asemrowend!
Nelia L. - 27th July 2015
staying in Prins Albert
Pragtige plek. Sal weer besoek daar wil aflê gedurende somer of herfs miskien. Miskien ook langer wil oorbly.
Freddie F. - 19th July 2015
staying in Prins Albert
Lieflike plattelandse dorp met baie om te doen.
Jurie L. - 19th July 2015
staying in Prins Albert
Was daar, het dit gesien! Het hoofsaaklik gegaan vit Swartberg Hotel.
Anni B. - 19th July 2015
staying in Prins Albert
Beautiful town. Every building is an exquisite gem. Bring your camera. The people are amazingly friendly. I knew every one along Kerk Street by the time I left after ten days, although nobody "crowded" me in any way. Good food. Fabulous gifts (olives, jams, crafts) if you are looking for things like that. The perfect place to rest, relax, recover, recuperate, catch your breath and stop the whirling in your head. I loved every second of my stay!
Karlo En Corine M. - 18th July 2015
staying in Prins Albert
Die mooiste dorp met die oulikste winkels en restaurante. Ons aandete by die hotel was uit die boonste rakke. 'n Lieflike plek, werklik aan te beveel!
Gavin O. - 17th July 2015
staying in Prins Albert
Really cool little town with an arty vibe and chilled people.
Philip S. - 13th July 2015
staying in Prins Albert
Prince Albert het voorwaar in status gestyg vanaf 'n "prinsdorp" na 'n "koningsdorp". Behou net asseblief die karakter van die dorp - soos wat dit was - die atmosfeer en "lekkerte" waarop almal verlief raak.
Angelique S. - 13th July 2015
staying in Prins Albert
Dis pragtig! Die mense is vriendelik. Dis 'n moet vir almal om dit te besoek. Pragtige dorpie.
Viljoen V. - 12th July 2015
staying in Prins Albert
Wonderlike dorpie.
Yola S. - 12th July 2015
staying in Prins Albert
Prins Albert is fantasties en ek sal definitief terugkom!
Amelia R. - 12th July 2015
staying in Prins Albert
Pragtige, rustige, skoon dorp! Diens by koffie shop van hotel egter baie swak! Verder all good!
Johan B. - 11th July 2015
staying in Prins Albert
Prins Albert kan nog 'n groter ophef maak van hul heerlike olywe, die beste in die land.
Elmarie B. - 7th July 2015
staying in Prins Albert
Baie skoon, pragtige dorp.
Victor T. - 6th July 2015
staying in Prins Albert
One of the most beautiful towns in the province and it is clean and safe. Great restaurants, friendly people and the scenery on the Swartberg Pass something not easily described - a MUST see. Many attractions in the area and Prince Albert is surely worth more than one visit. When we visited the town it made us proud to be South Africans!
Leon S. - 2nd July 2015
staying in Prins Albert
Mooi dorpie. Mens kan sien die inwoners is trots op hulle erfenis.
Judith V. - 22nd June 2015
staying in Prins Albert
Baie vriendelike mense, en hope om te doen. Beslis 'n dorpie om na terug te gaan.
Wessel M. - 17th June 2015
staying in Prins Albert
Sal graag weer besoek. Het 60ste verjaarsdag van 3 familielede gevier.
Antoinette S. - 17th June 2015
staying in Prins Albert
Prins Albert is werklik die moeite werd om self drie nagte te spandeer, ons het die aandmark bygewoon en daar geëet - danksy Megan wat ons ingelig het - en sommer deel geword van die permanente inwoners. Die atmosfeer en die samehorigheid was heerlik vir stadsjapies om te ervaar. Ons het ook die Amanda Strydom vertoning bygewoon in die pragtige teater! Voorstel - besoek die dorp oor 'n naweek sodat jy die oggend- en aandmark kan meemaak. Die inligtingsburo is behulpsaam en die karate heel skaflik.
Niel V. - 16th June 2015
staying in Prins Albert
Ons het absoluut verlief geraak op die dorpie, en daarom byna nie lus om die dorp te "adverteer" nie. Dit sou so jammer wees as die karakter van die plekkie sou verander. Ons het die dam buite die dorp besoek, en stel voor dat die brosjure aangepas word, aangesien die pad daarheen beslis nie deur 'n gewone motor bereik sal kan word nie. Daar is ook geen aanwysingsborde binne die Cape Nature gebied nie.
Francois R. - 15th June 2015
staying in Prins Albert
Het dit baie geniet, onthou net dis platteland, die strate word defs na sekere tye opgerol en gebêre.
Carina S. - 1st June 2015
staying in Prins Albert
Fantastiese dorpie. Kunstig en gasvry met heerlike kos en vriendelike mense.
Rika D. - 31st May 2015
staying in Prins Albert
Sou meer tyd wou gehad het om daar te spandeer.
Fred B. - 27th May 2015
staying in Prins Albert
Oulike dorpie. Baie beter "Dorp van die jaar" as Fouriesburg.
Alex L. - 25th May 2015
staying in Prins Albert
Julle moet die heerlikste appeltert in die land gaan eet by Lazy Lizard en gaan maak ook 'n draai by die kwekery.
Eddie W. - 12th May 2015
staying in Prins Albert
Prins Albert is 'n uitstekende toeristebestemming. Propvol besoekplekke, restaurant en natuurlik die Swartbergpas. Sal definitief meer gereeld gaan kuier.
Magda E. - 7th May 2015
staying in Prins Albert
Die skoonste, netjieste, pragtigste plekkie.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za