Resensies van Prince Albert

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Prince Albert bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.69 uit 5 gekry volgens 864 resensies.
Anja V. - 7th May 2015
staying in Prins Albert
Mooi dorpie.
Lorraine T. - 7th May 2015
staying in Prins Albert
A pretty, quaint village, well worth visiting. We love the idea of a theatre in town!
Christa D. - 7th May 2015
staying in Prins Albert
Prins Albert is 'n klein juweel. Soveel gasvryheid het ek lanklaas ervaar. Van die plaaslike dokter (Dr Kriek) tot die aptekers wat uit hul pad gegaan het vir mediese diens. Lekker winkels, heerlike restaurante en vele meer.
Zena B. - 5th May 2015
staying in Prins Albert
It is certainly a delightful place to put on your to do travel list. The people are friendly, with so many little zany eating places to try, wish I had had the time.
Corne K. - 4th May 2015
staying in Prins Albert
Pragtige dorpie wat ek defnitief weer sal besoek!
Andre B. - 4th May 2015
staying in Prins Albert
Ons geniet dit altyd om in Prins Albert te kuier. Die omgewing bied ook baie.
Stephan V. - 4th May 2015
staying in Prins Albert
Soos vele ander toeristedorpies is eetplekke redelik duur.
Tilanie P. - 4th May 2015
staying in Prins Albert
Gaan doen gerus die Rooibus-toer vanaf die hotel. Die gidse is uitstekend en ons het so baie geleer van die dorp!
Karen D. - 1st May 2015
staying in Prins Albert
So mooi plekkie, definitief 'n besienswaardige dorpie.
Albertje F. - 30th April 2015
staying in Prins Albert
Puik.
Maryna K. - 23rd April 2015
staying in Prins Albert
Baie gawe mense en die potjiekos- en witblitsaand was sommer baie lekker en het interessante mense ontmoet.
Pierre V. - 23rd April 2015
staying in Prins Albert
Sal volgende keer langer moet kuier.
Hannelie S. - 22nd April 2015
staying in Prins Albert
Oulik verby ... definitiewe moet-sien!
Hettie P. - 15th April 2015
staying in Prins Albert
Wonderlike toeristebestemming, nog lank nie klaar gekuier nie en sal baie graag wil teruggaan!
Santa T. - 13th April 2015
staying in Prins Albert
Oorweeg dit om in Prins Albert af te tree oor 5 jaar.
Elmarie K. - 11th April 2015
staying in Prins Albert
Skoonste, mooi dorp.
Ansie W. - 10th April 2015
staying in Prins Albert
Lekker vir 'n langnaweek. Dorpie lieflik vir stap, voel veilig. Weet daar is nog baie onontginde skatte in die omgewing waarvoor ons nie tyd gehad het nie.
Paula D. - 10th April 2015
staying in Prins Albert
Puik.
Vincent V. - 10th April 2015
staying in Prins Albert
Lovely town with lots to see and do!
Jaap V. - 7th April 2015
staying in Prins Albert
Inligtingskaart baie goed. Museum baie goed.
Blyda E. - 26th March 2015
staying in Prins Albert
Prins Albert is 'n baie oulike, rustige Karoodorpie. Daar is baie lekker eetplekkies. Kan nie wag om weer te gaan nie!
Gert M. - 24th March 2015
staying in Prins Albert
Baie interessante plekkie.
Andreas V. - 22nd March 2015
staying in Prins Albert
Ons ken die dorp van vroeëre besoeke en het dus geweet wat om te verwag, maar dit bly skilderagtig en gesellig.
Ems S. - 21st March 2015
staying in Prins Albert
Lekker en mooi plek. Sal weer gaan.
Elsie H. - 11th March 2015
staying in Prins Albert
Maak seker jy bespreek by Karoo Kombuis vir aandete! Puik diens en smaaklike kos.
Gerhard O. - 7th March 2015
staying in Prins Albert
Baie interessante dorpie. Voel veilig daar.
Jonathan C. - 14th February 2015
staying in Prins Albert
Fascinating architectural gems, great scenery and drives, fantastic art, food and wine. upmarket small town life. Worth going the extra mike for -and you will have to, it's a long way from anywhere!
Lenie B. - 5th February 2015
staying in Prins Albert
Pragtige dorpie met karakter.
Bennie M. - 4th February 2015
staying in Prins Albert
Sal graag weer wil terugkom en ten minste 2 nagte op Prins Albert oorslaap. Ek glo daar is heelwat meer te sien as wat ons kon sien in die kort tydjie (1 nag oorgeslaap) wat ons daar was.
Rita S. - 30th January 2015
staying in Prins Albert
Prins Albert is 'n wonderlike plekkie en ons het al meer as een maal daar oorgebly.
Tertia O. - 30th January 2015
staying in Prins Albert
Pragtig! Skoon dorpie, lieflike natuurskoon, pragtige Karoonagte! Interessante winkels en eetplekke. Lekker om sommer net deur die dorpie te stap. Inwoners is vriendelik en behulpsaam. Hierdie is die ideale plek om sommer net te ontspan en rustig te wees. Die omgewing van Prins Albert is merkwaardig en mooi. Dit is beslis 'n besoek werd!
Elmie E. - 14th January 2015
staying in Prins Albert
Die Swartbergpas is beslis nie vir mense wat aan hoogtevrees ly nie! Ek beveel eerder die pad deur Meiringspoort aan. Die natuurskoon is asemrowend.
Gerda D. - 12th January 2015
staying in Prins Albert
Baie interessante dorp! Goeie restaurante.
Rashel V. - 12th January 2015
staying in Prins Albert
Pragtige dorp met die mooiste berge, karaktervol, mooiste bome langs die hoofstraat, en interessante winkeltjies om in rond te snuffel! Die Swartbergpas is 'n belewenis en die moeite werd om aan te durf!
Albert O. - 11th January 2015
staying in Prins Albert
Fantastiese karoodorp met van die beste restaurante wat ons ooit al besoek het met egte Karoo-gasvryheid!
Jenny P. - 9th January 2015
staying in Prins Albert
Quaint historical town.
Schalk S. - 7th January 2015
staying in Prins Albert
Pragtige dorpie!
Robbie Y. - 7th January 2015
staying in Prins Albert
Baie, baie lekker plekkie.
Elize S. - 7th January 2015
staying in Prins Albert
Dit is ons gunsteling oorstop in die Karoo op pad Kaap toe, dit is so mooi omgewing, maar tog het die dorp self ook 'n bekoring van sy eie met oulike snuffelwinkels en lekker eetplekkies. Daar heers beslis 'n aangename vibe.
Olaf V. - 6th January 2015
staying in Prins Albert
Ons is oortuig daarvan dat die dorpie wel ryk is aan geskiedenis en kulturele skatte, maar daar is ook 'n steurende kommersiële invloed. Ons het die indruk gekry dat die oorspronklike karakter van die dorp verbloem word deur 'n oor-entoesiastiese toeriste-fokus. Dit wil voorkom asof die dorpie 'n naweek-dorpie geword het vir kunstenaars en stadsvlugtelinge. Soos 'n toenemende aantal dorpe in ons platteland word Pince Albert amper 'n spookdorpie in die week.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za