Geverifieerde Resensie
Prince Albert
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Prince Albert bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 1060 resensies.
"Approach to town a disappointing roadside mess of paper, plastic bags, bottles and cans. Otherwise an interesting small town."
"Fantastiese restaurante, hoë kwaliteit winkels en kunsgalerye en drink die plaaslike wyne, Fernkloof!"
"Ons is baie lief daarvoor om Prince Albert te besoek en sal vir seker weer so maak. ’n Pragtige, skoon dorpie met wonderlike uitsigte oor die berge en die Karoo. Ons bid net vir goeie reën saam met al die Prince Albert inwoners."
"Prins Albert is a clean town. I loved driving through the main road. The Swartberg Pass is beautiful!"
"Prins Albert is 'n oulike dorp wat ek definitief weer wil besoek. Daar is heelwat te doen in die dorp self en in die omgewing. In die somer is daar saans altyd 'n lekker wind wat dinge afkoel."
"Quaint little town with some great restaurants and shops to wander through. Gay's Dairy, The Rude Chef, Lazy Lizard, African Relish - all EXCELLENT and worth a visit."
"Baie oulike plek, laat my aan Dullstroom dink. Sal definitief weer teruggaan om weer die pas te ry en al die plekkies te besoek."
"Baie lekker vakansie vibe en tipiese toerisme dorpie. Kunswinkels en straatkaffees. Clarens in die Vrystaat op klein skaal."
"Wat 'n bekoorlike dorpie, soveel om te sien en te doen, 2 dae is heeltemal te min, soveel restaurante met die smaaklikste kos. Die deli by die hotel verkoop heerlike geelvet-biltong en tuisgebakte brood."
"'n Pragtige dorp met 'n ryk geskiedenis, 'n moet vir elke Suid-Afrikaner om te sien hoe 'n munisipaliteit baie goed kan funksioneer. Lazy Lizard die beste eetplek met tuisgebak vir wegneem. Kort op sy hakke is La-di-dah restaurant met heerlike hartskos. Sluit jou verblyf af met 'n rit oor die Swartbergpas."