Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Sodwana Bay

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sodwana Bay bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 165 resensies.

Sodwanabaai

Sodwana View Holiday Homes

"Ons dink Sodwanabaai is uniek en baie spesiaal. Daar word nie eintlik voorsien aan mense wat interessante, effe duurder maar smaakvolle akkommodasie benodig nie. Dit voel nog te veel soos die studente drinkplek van 30 jaar gelede. "

Sodwanabaai

Dumehlezi

"Sodwanabaai is beeldskoon, en stil in die maand van Mei, dit was net ons en die see. Nie so besig soos al die ander strande nie, en dit was netjies, die plantegroei het ons asems weggeslaan. Sal enige tyd weer gaan."

Sodwanabaai

Phumulani Lodge

"Jy benodig 'n permit om met jou voertuig tot op die strand te ry. 'n Beperkte aantal word uitgereik, en gevolglik tydens hoogseisoen staan mense al douvoordag in 'n tou om die permit te bekom. Die duik- en snorkelgeleenthede is fantasties."

Sodwanabaai

Inkwazi Beach Camp

"Fantastiese plek."

Sodwanabaai

Phumulani Lodge

"Sodwana is een van ons gunsteling plekke om vakansie by te gaan hou, die water is so mooi skoon en warm, die feit dat jy enige plek kan swem sorg vir genoeg spasie vir almal en die bosse om mens laat dit voel of jy die best of both worlds kry as jy soontoe gaan. Baie ontspannend en lekker. Doen beslis jou duikkursus as jy gaan, dis baie mooi daar onder. Maak ook 'n draai by Hluhluwe Game Reserve op 'n bewolkte dag. 'n Rhino Card is 'n MOET as jy Sodwana toe gaan - dit spaar jou baie geld. En as jy Hluhluwe Game Reserve toe gaan, maak seker jy vat dit saam anders is dit duur om in te gaan vir die dag. Die klomp karwagte is 'n pes, en maak jouself reg vir hulle om jou te storm elke keer as jy parkeer maar maak maar net vrede dat jy met dit gaan sit en wees ferm met hulle dat jy net een gaan tip. Sodra jy strand toe gaan is dit weer vergete. Die tou om by die strand uit te kom kan lank wees in besige tye maar niks te erg nie, die paar negatiewe goedjies is nie genoeg om alles wat lekker van die plek is te top nie. As jy met 'n 4x4 gaan moet mens defnitief bietjie gaan explore en 'n dag by Lake Sibaya gaan spandeer. Daar is soveel om te doen wat mens bietjie tyd in die natuur spandeer."

Sodwanabaai

Mseni Lodge

"Great place to visit."

Sodwanabaai

Camp Jonathan

"Beautiful. "

Sodwanabaai

Dumehlezi

"Elektrisiteit is die area is baie goor en wisselvallig, gelukkig het Dumehlezi 'n groot generator wat automaties aanskakel wat dinge baie vergemaklik."

Sodwanabaai

Mseni Lodge

"Baie waarskuwings gekry oor hoe jou goed gesteel kan word, en dat mens nie te waardevolle goed moet saamvat nie, maar het darem nie 'n slegte ervaring gehad nie. Dit is baie mooi en baie lekker by Sodwana. Sien uit om terug te keer eendag."

Sodwanabaai

Sodwana View Holiday Homes

"Toegang tot die strand is R130 per dag vir 2 persone en 'n voertuig en honde word nie op die strand toegelaat tot en met St. Lucia nie - werk dit by jou reisplanne in."

Sodwanabaai

Mseni Lodge

"Dit was kleiner as wat ek verwag het. Nie 'n slegte ding nie. Wens net mens kon veiliger gevoel het. Ek moes die lug uit my bande blaas om op die strand te ry, maar toe ek die bande wou opblaas is daar net een plek om dit te doen en hulle kon ook nie help nie. Is net vertel die lug is op en dat ek Mbazwana toe sal moet ry. Nie iets wat ek graag wou doen met pap wiele. Sou gedink het hulle sou in hierdie opsig beter voorbereid gewees het."

Sodwanabaai

Mseni Lodge

"Dankie vir die vriendelike ontvangs. "

Sodwanabaai

Sodwana View Holiday Homes

"Heerlik in die winter, wanneer daar nie te veel mense is nie. Ons sal nie graag in die somer daar wil vakansie hou nie - te veel 4x4's trekkers en bote op die strand. Lang wit strande om op te loop. Die duikers het dit baie geniet, en ons het ook gaan snorkel en visvang. Fantastiese ervaring."

Sodwanabaai

Toad Tree Cabins

"Love it! Had great dives with Amoray Diving."

Sodwanabaai

Sodwana View Holiday Homes

"Dis vreemd dat die enigste ordentlike winkel 5h al toemaak."

Blad
Blad 6 - Wys 151 tot 165
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem