Verified Reviews
Struisbaai
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Struisbaai
Rated 4.7 out of 5 based on 638 reviews.
"Struisbaai is al baie jare lank 'n gewilde naweek- en vakansiebestemming vir ons en ons hoop om eendag daar te kan aftree."
"Baie lekker plek. Ek en my familie het die langnaweek terdeë geniet aangesien dit ons eerste keer in die plek was."
"What a friendly and welcoming town! The beaches are beautiful and safe. It is not too far from Arniston and Bredasdorp. Also close to the southern most tip of Africa - which is a must see. It is a great place to relax and enjoy the sea, sun and beaches. "
"Sal 'n oulike winkelsentrum opsit met nog 'n winkel soos Woolworths vir hulle lekker eetgoed. 'n Speelpark vir kinders om in te speel. Daar is baie grond. L'Agulhas het meer eetplekke as Struisbaai. Hulle kan doen met nog 'n eetplek met heerlike vis, ens. Die naaste dorp is te ver. "
"Struisbaai is fantasties. Die min restaurante maak op vir die lekker tyd wat jy by die see kan hê, asook om vars vis te vang of sommer by die hawe te koop. Die hawe het 'n goeie en veilige speelstrand vir klein kinders."
"'n Baie mooi en rustige plek vir 'n vakansie, of om net van die gejaagde stadslewe weg te breek. "
"Struisbaai is die rustigheid waarvoor 'n mens soek, maar ook 'n lekker plek om jouself uit te leef."
"It is an excellent place to go if one wants to relax and take long walks along the beach. The fish shop serves lovely fish and chips."
"Struisbaai het diep in ons harte ingekruip ... Soveel so, dat ons dink om daarheen te verhuis eendag ..."
"Die dorp is nie vir woelige tieners en jongmense nie. Dit is 'n dorp vir mense wat hou van op die stoep sit en die natuur wil insasem en saam kwaliteit familietyd wil hê. Lekker lang afstande stap langs die see of sommer van Struisbaai na Agulhas draf of fietsry en terug."
"Baie lekker rustig en vriendelike plek. Baie stil en 'n lekker plek om te gaan ontspan."
"Pragtige rustige kusdorpie met alles wat mens nodig sou hê vir 'n wegbreekkansie."