Geverifieerde Resensie
Struisbaai
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Struisbaai bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 589 resensies.
"Oor die algemeen 'n baie rustige en aangename omgewing. Mooi uitsigte op die see en hawegebied. Daar is in Agulhas baie lekker eet- en koffieplekkies, wat ons ongelukkig nie in Struisbaai beproef het nie."
"Ek love Struisbaai. Ek voel gerus dat my kids met hul fietse rondry en rondstap. Die winkels se ure tydens Desember is van vroeg tot laat, wat baie nice is."
"Jy kan die hele Struisbaai en Agulhas verken oor 2 dae. As die weer sleg is, is daar nie veel om te doen nie."
"Ons het ook 'n baie lekker ervaring by die Sea Shack in Struisbaai gehad. Hul kos is heerlik, pryse baie billik en hul is baie gasvry. "
"Struisbaai is 'n pragtige, veilige, vriendelike en skoon dorpie, sal beslis weer daar gaan kuier."
"Struisbaai is al baie jare lank 'n gewilde naweek- en vakansiebestemming vir ons en ons hoop om eendag daar te kan aftree."
"Baie lekker plek. Ek en my familie het die langnaweek terdeë geniet aangesien dit ons eerste keer in die plek was."