Geverifieerde Resensie
Sutherland
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sutherland bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 447 resensies.
"The Boorgat Restaurant is worth a visit, the staff are very friendly and accommodating and the food was delicious."
"Behalwe vir sterrekyk en 'n paar besienswaardighede is hier nie veel om te doen nie. Plekke soos die historiese begrafplaas behoort beslis opgeknap te word. Die dorp het heelwat potensiaal vir alternatiewe moontlikhede."
"Great Karoo experience with friendly people, great food and a must to attend the star-gazing with Jurg."
"Mens kon sien dat Covid ook maar sy invloed op hulle toerisme gehad het. Die omgewing is egter pragtig en die sterre 'n hemelse pluspunt. Moet net nie gaan wanneer dit volmaan is nie!"
"Interesting, peaceful town. Beautiful surroundings, especially the countryside when travelling from Matjiesfontein. Well worth a visit, not only for stargazing."
"Great place if one is into star gazing and overnight stop one your way to the Tankwa or West Coast."
"Ons kon nie orals ry a.g.v. die grondpaaie nie. Ons land moet meer begin teerpaaie lê, dis immers 2021. Nie almal besit bakkies/4x4-voertuie nie. Stadsmense hou van die platteland besoek en die paaie is rof op die motors."
"Daar sal altyd spasie wees vir uitbreiding. Die dorpie het opknapping nodig. Ons kon die planetarium besoek, maar teleurstellend met Covid, geen toegang gehad na die SALT-teleskoop nie. Sterland-sentrum vir sterrekyk het 'n onverwagte groot getal mense gehad vir 'n Maandagaand. Om en by 50. Dit was insiggewend."
"Besigtiging van die hemelruim was fantasties, maar die dorp self kan aantrekliker gemaak word vir toeriste."
"Die sterrrekyk by planetarium was die moeite werd. Aanbieding was uitstekend."
"Quality food at Die Meule restaurant & star gazing at Sterland was educational, fun & amazing."
"Het die Boorgat-restaurant baie geniet. Die Planatrium was nie 'n unieke of wow ervaring gewees nie."
"Sutherland is 'n gasvrye, skoon dorp, maklik bereikbaar met 'n goeie teerpad vanaf Matjiesfontein. 'n Besoek, op afspraak, aan die NG Kerkgebou, is regtig interessant, onder leiding van Darius. Vra by enige gastehuis, hulle sal sy kontaknommer kan verstrek. Ongelukkig was ons baie teleurgesteld met die dorp se Stargazing-program, omdat ons onder die indruk was dat die gehalte van die teleskoopbeelde baie beter sou wees. Die aanbieder klink goed ingelig, maar die toerusting tot sy beskikking skiet regtig tekort. Besoekers word ook nie toegelaat by die planetarium buite die dorp nie, wat net eenvoudig onaanvaarbaar is. Sutherland is immers sinoniem met sterrekyk, en daarvan was daar nie regtig sprake nie, is ek jammer om te sê."
"Vir die klein koue plek is daar genoeg om te doen en te sien vir 'n dag. Die inwoners se harte is warm. Ons gaan gewis weer daarheen wanneer SALT weer open vir toeriste."
"'n Baie rustige dorpie, 'n jammer die restaurant se diens is nie op standaard nie, die groot teleskoop was toe op die berg, maar die sneeu het opgemaak daarvoor. Dit was prentjiemooi."