Resensies van Garden Route

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.67 uit 5 gekry volgens 8599 resensies.
Freddie B. - 6th January 2017
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Pragtige dorp met vriendelike mense en pragtige ou geboue.
Martin H. - 6th January 2017
staying in Sedgefield, Tuinroete
Baie lekker. Goeie swemstrand, naby George en Knysna.
Paul C. - 6th January 2017
staying in Mosselbaai Gholflandgoed, Tuinroete
Baie netjies en veilig.
Esme V. - 6th January 2017
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Oulike dorpie met baie om te doen.
Bertus E. - 6th January 2017
staying in Danabaai, Tuinroete
Ideaal geleë vir vinnige besoek by Mosselbaai met die N2 snelweg so naby. Die strand self is gerieflik en naby.
Leon V. - 6th January 2017
staying in George, Tuinroete
Dis baie mooi en baie skoon en die mense is baie vriendelik. Ek sal enige tyd daar wil woon.
Theuns B. - 6th January 2017
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Ons is mal oor Oudtshoorn. Gaan gereeld soontoe en sal weer gaan. Lekker dinge om met die kinders te doen en net te ontspan.
Carol C. - 5th January 2017
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
'n Pragtige ou dorp.
Hendrik M. - 5th January 2017
staying in Nature's Valley, Tuinroete
"Nature's Valley" is presies wat die naam vir jou sê: beeldskone natuur wat weggesteek is van al die stadsgeraas. Die see, lagoon, wandelpaaie, kanovaart, visvang, natuurskoon met asemrowende uitsigte, als is daar. Dit is vêr genoeg vanaf al die 'har-war' van die besige dorpe, maar naby genoeg om gou dorp toe te ry indien mens iets benodig. Daar is 'n winkeltjie en restaurant met die mees basiese benodighede op die dorpie self, asook ander eet en kuier plekkies in die nabyheid. Hierdie is beslis nie die plek vir die persoon wat van die stadslewe, winkelsentrums en kuierplekke hou nie, dit is presies die teenoorgestelde: natuurskoon, rustigheid, familietyd, rustyd ... hier kan 'n mens die Skepper se handewerk beleef.
Matt L. - 5th January 2017
staying in Nature's Valley, Tuinroete
Fabulous quiet area with excellent beaches and plenty to do.
Trevor T. - 5th January 2017
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Baie interessante dorp met gawe mense. Net baie warm.
Hannie T. - 5th January 2017
staying in Voorbaai, Tuinroete
Perfect vacation destination.
Evanda V. - 5th January 2017
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Daar is baie trekpleisters vir toeriste en baie restaurante in die omgewing.
Ben L. - 5th January 2017
staying in George, Tuinroete
Pragtige dorp met goeie fasiliteite. Naby genoeg aan die strande, maar weg van die gewoel.
Maritza D. - 5th January 2017
staying in Reebok, Tuinroete
Baie rustige kusdorp. Dit is ideaal vir die wat wil wegkom van die lawaai en dit is naby genoeg aan groter dorpe indien jy vakansiepret soek.
Suzette B. - 5th January 2017
staying in Knysna, Tuinroete
Knysna is beslis 'n plek wat besoek moet word. Daar is geweldig baie om te sien en te doen.
Hennie S. - 5th January 2017
staying in Danabaai, Tuinroete
Ons verstaan daar is nie 'n swemstrand - dis jammer.
Maryna G. - 4th January 2017
staying in Sentraal Mosselbaai, Tuinroete
Dit is die perfekte plek om te wees - al die ander plekke rondom is goed geleë.
Jhane N. - 4th January 2017
staying in Stilbaai, Tuinroete
Dit was ons eerste keer in Stilbaai en Stilbaai sal ons definitief weer sien!
Pieter B. - 4th January 2017
staying in Reebok, Tuinroete
Ek sou verkies dat almal nie daarheen gaan nie, want dit is een van my gunstelingplekke vir 'n Desembervakansie.
Louise V. - 4th January 2017
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Baie mooi plek met al sy besienswaardighede.
Linda S. - 4th January 2017
staying in Albertinia, Tuinroete
Ek het Albertinia as 'n oornagplek gebruik.
Larraine P. - 4th January 2017
staying in George, Tuinroete
Fantasties! Sal weer gaan. Naby verskillende pragtige natuurskoon.
Phyllis J. - 4th January 2017
staying in De Rust, Tuinroete
Pragtige dorpie.
Braam L. - 4th January 2017
staying in Heroldsbaai, Tuinroete
Beperkte parkering by die strand skep probleme.
Carl G. - 4th January 2017
staying in Tergniet, Tuinroete
Beste vakansiebestemming.
Andre S. - 4th January 2017
staying in George, Tuinroete
Baie mooi, skoon en versorgde dorp! Voorbeeld van hoe dinge kan wees!
Julie K. - 3rd January 2017
staying in Knysna, Tuinroete
Knysna is 'n lekker plek!
Ronel L. - 3rd January 2017
staying in Plettenbergbaai, Tuinroete
Pragtige plek en baie om te doen.
Jurgens S. - 3rd January 2017
staying in Nature's Valley, Tuinroete
Mees ontspannende plek op aarde.
Jan H. - 3rd January 2017
staying in Riversdal, Tuinroete
Baie mooi en gerieflik naby Stilbaai, Jongensfontein, ens.
Marilyn B. - 3rd January 2017
staying in Witsand, Tuinroete
Kry karwasplekke, want daar is 'n tekort.
Dorian O. - 3rd January 2017
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Daar is baie om te sien en te doen. Nie baie ver van die see nie en teen 'n billike prys.
Gerda V. - 3rd January 2017
staying in Heatherlands, Tuinroete
Pragtige boomryke omgewing. Rustige buurt. Dit is 'n entjie weg van die winkels en die see.
Willem H. - 3rd January 2017
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Dit is 'n pragtige dorp, baie geskiedenis, baie om te sien. Die natuurskoon in die omgewing is ongelooflik. Baie word gedoen om 'n besoeker of 'n toeris besig te hou. Dit is egter nie heeltemal ons tipe bestemming met betrekking tot al die aktiwiteite wat aangebied word nie: volstruisry, 'quad bikes', te veel om op te noem, maar vir mense wat daarin belangstel word daar baie aangebied en veral met kinders is dit 'n uitstekende bestemming. Die volstruisstoffers is 'n moet om te koop, ek is nou spyt ek het nie meer gekoop nie.
Connie M. - 3rd January 2017
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Baie dinge om te gaan kyk en die mense in al die dorpies was so vriendelik dat jy graag weer vir hulle wil gaan kuier.
Letitia S. - 3rd January 2017
staying in Pinnacle Point, Tuinroete
Definitief 'n moet om die plek en sy uitsig te sien!
Danie K. - 3rd January 2017
staying in George, Tuinroete
Mooiste dorpie in die land!
Susan T. - 3rd January 2017
staying in Wildernis, Tuinroete
Wildernis is enige vakansieganger se droombestemming. Die natuurskoon is ongelooflik mooi en daar is iets om te doen vir elke tipe belangstelling.
Elma C. - 3rd January 2017
staying in Albertinia, Tuinroete
Dit is 'n baie klein dorpie. Kan wel die nodige daar kry as jy iets kort.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za