Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9575 reviews.
"Ek en my vrou hou graag vakansie in Mosselbaai, omdat dit vir ons 'n baie lekker vakansiebestemming is en ek moet erken dat ons van ons beste verblyf in Mosselbaai gehad het. Dit voel regtig asof die akkommodasie wat in Mosselbaai aangebied word net beter is as in die res van die land."
"Ons gaan gereeld Mosselbaai toe en ons hou besonder baie van die Mosselbaai en Hartenbos omgewing. Ek sal dit beslis aanbeveel as ’n vakansiebestemming."
"Beautiful town, people are very friendly the beaches is beautiful. The town lives up to its name."
"Kom al vir die laaste 17 jaar na Buffelsbaai en elke keer 'n goeie experience,10/10!"
"Dis ’n lieflike area, strande is skoon, vakansi gangers vriendelik, die restaurante se kos is fantasties en daar is baie om te doen. Nie een oomblik was daar ’n kind verveeld nie en dan Pirate Cocktail Bar het heerlike skemerkelkies."
"Hierdie is die ideale vakansiebestemming vir elke gesin. Dis nie 'n plek wat mens kan oorvertel nie. Jy moet dit self beleef."
"'n Lekker vakansiebestemming. Ek het my verkyk aan al die ou geboue daar en die uitsig oor die see was net fantasties."
"Mosselbaai sal altyd ons go to place wees. Fantastiese plek daar is baie aktiwiteite en mooi plekke om te sien."
"Knysna is die dorp waar ek graag my huisie by die see wil hê. Mooi dorp en baie om te doen."
"Daar is net een roete en dit is die Tuinroete. Altyd iets om te sien of te doen en die beste van alles is die pragtige paaie sonder slaggate, skoon en netjiese strate en parke."
"Dit help baie as mens tyd het om Oudtshoorn en die omliggende dorpies te gaan verken. Ek sal maklik weer besoek aan Oudtshoorn aflê."