Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9274 resensies.
"Stilbaai is 'n klein stil dorpie waar almal omgee vir die omgewing en almal baie vriendelik. Strand baie netjies en veilig. Soos ek se julle sien ons graag weer."
"Die informele woonareas is 'n bietjie van 'n oogseer. Die omligende plaasareas is baie mooi. Die dorpie is mooi. Die Kango Grotte is 'n moet sien. Die diens oral is baie vriendelik en die Afrikaans was baie verwelkomend."
"Soveel om te doen en bied iets vir elkeen, natuurskoon is asemrowend en die mense fantasties."
"Kango woodfired pizza is die beste. Ek beveel dit baie sterk aan as jy van pizza hou!"
"Mosselbaai is die wonderlikste plek op aarde. Netjies, skoon en die mense is baie vriendelik en behulpsaam."
"A small seaside holiday and fishing village. Most of the basic amenities are available."
"Binneseisoen moet dit vrek besig wees hier. Vir ons wat buiteseisoen gegaan het, was als 'n bonus. "
"Mosselbaai - Danabaai. Nie baie strande vir swem en op die strand kan wees."
"Netjies en bied alles wat benodig word. Toegang tot grotte, volstruisplase ens. maak ligging uitstekend."
"Fantastiese plek. Almal baie vriendelik en so behulpsaam. Ek en vroulief het toe sommer uitgekyk vir huise en besluit ons gaan 'n vakansiehuis koop en dan is ons langtermyn-beplanning om Mosselbaai toe te verhuis."
"Oudshoorn is uitstekend sal baie graag weer wil terugkeer maar na Covid19, want wil baie graag die adventure-toer gaan doen by die Kangogrotte."
"Dit bly ’n fantastiese bestemming om vakansie te hou. Baie goeie restaurante en lieflike strand."