Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35608 reviews.
"Ons het ons besoek aan die dorpie baie geniet. My vrou het Sondag siek geword. Geen probleem om 'n dokter te vind nie. Hy het dan ook die apteker gevra om die voorskrif vir ons voor te berei. Wat meer wil jy hê? 'n Rit teen Swartbergpas uit is natuurlik 'n moet."
Three Anchor Bay, Western Cape
Green Point Self-Catering Studio"Uitstekend geleë met maklike toegang vanaf en tot die stad."
"Groot dankie vir Peter vir die moeite wat hy meer as bereid was om te doen, hy is verseker 'n aanwins vir L'Agulhas..."
"Wat 'n lieflike, vriendelike dorpie. Ek het nogal gesê ek sal in McGregor bly en in Robertson werk as dit so sou kon wees. Mense mense en wat treffend was om elkeen 'n kans te gun om sy besigheid sukselvol te maak, is die feit dat elkeen spesifieke unieke items verkoop, nie een winkel is 'n copy of het copies van ander nie.... eintlik 'n groot les hieraan."
"Pragtige dorp, met baie besienswaardighede. Het dit verskriklik geniet."
"Dit is 'n baie rustig plek waar 'n mens nou die natuur kan waardeer en geniet. "
"Ons gunsteling Boland-dorp. Baie om te doen en die wynlande en wynplase is werklik beeldskoon ongeag die tyd van die jaar."
"Besoek verskillende plekke, daar is baie om te sien, hierdie tyd is dit alwyne en speldekussings, weer is ook lekker."
"Die paar winkels het verminder en sommige se goed te koop het afgeneem. Enigste moeite werd plek is Village Trading Post. Goedkoop en lekker geëet by Herrie se Plek. Baie lastig geval deur parkeraanwysers en bedelaars. Ons plattelandse gemeenskappe het drastiese ingryping nodig om opheffingswerk te doen. Kry mense regtig jammer!"
"Besig om agteruit te gaan. 'n Paar padstalletjies was met vorige besoeke uitstekend en toe verander van eienaar, en nou nie meer dieselfde nie. Baie jammer maar seker die gang van dinge."
"Nog baie potensiaal. Wil voorkom asof die stadsraad se toeristekamp in die dorp agteruit gegaan het."
"Alhoewel dit 'n entjie uit die middedorp is, sal ek dit steeds aanbeveel. Dis 'n "wegbreek" uit die besige studentelewe en 'n baie rustige en stil omgewing. "
"Bly 'n dag langer as wat jy beplan, op Prins Albert is meer om te doen as wat jy dink. "
Woodbridge Island, Western Cape
The Beach Room"Perfekte ligging. Naby aan als, maar nie in die stad nie. "
"Kuilsrivier is baie gerieflik geleë. Dit was naby aan winkels en ons kon vinnig in Kaapstad self uitkom vir afsprake. "