Resensies van Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.56 uit 5 gekry volgens 32136 resensies.
Amanda E. - 16th January 2017
staying in Prins Albert, Wes-Kaap
Pragtige ou dorpie met wynplase - kan vir niks meer vra nie!
Jacques S. - 16th January 2017
staying in Mouille Point, Wes-Kaap
Pragtige ligging.
Kobus C. - 16th January 2017
staying in Somerset-Wes, Wes-Kaap
Mooi dorp, net jammer oor die geweldige brande en droogte.
Frederik S. - 16th January 2017
staying in Sederberg, Wes-Kaap
Rustig en 'n baie mooi area van ons land.
Karen G. - 15th January 2017
staying in Mosselbaai, Wes-Kaap
Mosselbaai is baie mooi met mooi strande en baie om te doen. Ons het Mosselbaai en die omliggende gebiede baie geniet. Sal dit aanbeveel vir almal om te beleef. Kan nie wag om terug te gaan nie.
Yonee H. - 15th January 2017
staying in Bloubergstrand, Wes-Kaap
Uitstekende vakansiebestemming! Daar is mooi strande om van te kies en verskeie uitstekende en gesellige restaurante om van te kies - almal binne loopafstand. Dit is 'n mooi rit al langs die kus na Kaapstad-sentrum en nie te ver nie.
Teresa D. - 15th January 2017
staying in Plettenbergbaai, Wes-Kaap
Daar is iets vir almal en die sportaktiwiteite en vermaak is eindeloos. Die restaurante en vinnige wegneemetes is ook baie goed. Robberg Spar en Mellville Spar is tops en dankie aan Piet (Pille) van Robberg Apteek wat altyd bereid was om te help - veral as die bloublasies gepla het, was hy reg met spuit en salf. Dankie Plettenbergbaai vir 'n ordelike en ordentelike Kersdag en Nuwejaar waar almal veilig was en gevoel het.
Salomé V. - 15th January 2017
staying in Strand, Wes-Kaap
Rustig en skoon. Dit is lekker om op die lang strande te loop. Dit is beter om plek by 'n restaurant te bespreek in hoogseisoen, anders kry jy nie plek om te eet nie. Dit is baie naby al die toeriste-aantreklikhede.
Elizabeth F. - 15th January 2017
staying in Durbanville, Wes-Kaap
Baie sentraal ten opsigte van verskeie Kaapse besienswaardighede en besigheidsdoeleindes.
Louise S. - 15th January 2017
staying in Velddrif, Wes-Kaap
Die dorpie bied vriendelike bekostigbare verblyf en kuierplekke. Dit is ideaal geleë aan die Weskus om daagliks ander plekke te gaan verken en te besoek. Dit is 'n aangename stil plekkie vir 'n rustige wegbreek.
Marietjie S. - 15th January 2017
staying in Strandfontein, Wes-Kaap
Dit moet nooit verder ontwikkel nie. Hou van die plek soos dit is. Besoek die plek al die afgelope 21 jaar. Die kaffee kan dalk meer voorraad aanhou.
Santa B. - 14th January 2017
staying in Calypso Beach, Wes-Kaap
Pragtige skoon strand en ongerep. Dit sal jammer wees as dit kommersieel raak.
Ronel B. - 14th January 2017
staying in Swellendam, Wes-Kaap
Swellendam is 'n wonderlike dorp en definitief die moeite werd om te besoek.
Emil S. - 14th January 2017
staying in Vermont, Wes-Kaap
Baie rustig en stil.
Joseph N. - 14th January 2017
staying in Swellendam, Wes-Kaap
Gesellige stad!
Jan K. - 14th January 2017
staying in Bellville, Wes-Kaap
Baie rustig, sal dit aanbeveel.
Jacqueline V. - 14th January 2017
staying in Napier, Wes-Kaap
Dit is 'n daguitstappie werd.
Eli B. - 14th January 2017
staying in Heroldsbaai, Wes-Kaap
Ons bly maar teruggaan daarheen - beste strandjie aan die Kaapse Suidkus!
Jan K. - 14th January 2017
staying in Glencairn, Wes-Kaap
Baie goed geleë, omring deur pragnatuur en toerisme-aantreklikhede.
Johan M. - 14th January 2017
staying in Dwarskersbos , Wes-Kaap
Wonderlike plek!
Francois R. - 13th January 2017
staying in Strand, Wes-Kaap
Winderig en besig oor die feesseisoen. Daar is egter tonne plek op hierdie massiewe strand.
Eugene B. - 13th January 2017
staying in Vredenburg, Wes-Kaap
Goed geleë naby al die Weskus se strande en dorpies.
Warren S. - 13th January 2017
staying in L'Agulhas, Wes-Kaap
If you going there you are going to relax or catch fish. It is a very stunning little town and well worth a visit if you want to go and time out!
Carin B. - 13th January 2017
staying in Die Boord, Wes-Kaap
Near Stellenbosch centre. We walked there as well. Went to Uncle Sammie's shop, ate great food at Winehouse Restaurant, cycled through the vineyards, ate at Tigers Milk.
Carin B. - 13th January 2017
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Besoek die KAngo-grotte en gaan eet by Jemina's.
Elsabe V. - 13th January 2017
staying in Voorbaai, Wes-Kaap
Dit is teleurstellend om te sien dat die roomyswinkeltjie op die strand nie oop is nie / of reeds toegemaak het vanaf die 2de Januarie. Die waterwurms was ook gedeeltelik toe vir herstelwerk - dit is nog vakansietyd. Almal wil nog voel asof die vakansie-atmosfeer daar is.
John W. - 13th January 2017
staying in Yzerfontein, Wes-Kaap
Baie stil, maar mooi.
Jan P. - 13th January 2017
staying in Greyton, Wes-Kaap
Aangename wegbreekbestemming vir 'n naweek.
Annelene G. - 13th January 2017
staying in George, Wes-Kaap
George/Mosselbaai is van die skoonste dorpe in die land.
Anne M. - 13th January 2017
staying in Rawsonville, Wes-Kaap
Die plek is ideaal geleë vir toeriste wat na 'n bedrywige dag wil gaan rus. Die kliëntediens in al die winkels was uitsonderlik goed. Dis van die min plekke waar 'n mens nog kliphard gegroet word. Dit is 'n vriendelike dorp waar 'n mens goeie vriende kan maak.
Thea D. - 13th January 2017
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Lots of nice restaurants, coffee shops and things to do.
Telana N. - 13th January 2017
staying in Strand, Wes-Kaap
Sal graag daar wil woon. Baie mooi plek, veral die berge.
Telana N. - 13th January 2017
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Baie warm in Oudtshoorn. Baie om te sien.
Erelene W. - 13th January 2017
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Lots to do and to explore - young and old.
Anina O. - 13th January 2017
staying in Stilbaai, Wes-Kaap
Stilbaai is miskien nie so stil nie, maar daar is stil opsies om van te kies!
Barbara S. - 13th January 2017
staying in Dwarskersbos , Wes-Kaap
Dwarskersbos is groter as wat ons gedink het. Baie lekker.
James K. - 13th January 2017
staying in De Kelders, Wes-Kaap
Beautiful.
Pieter V. - 13th January 2017
staying in Vermont, Wes-Kaap
Die strandpaadjie is heerlik om in die oggende te stap!
Beverley K. - 13th January 2017
staying in Tulbagh, Wes-Kaap
Loved exploring the wine farms. I've forgotten how awesome some of them are. Also enjoyed wandering up and down Church Street and exploring the cafes and galleries.
Roxanne S. - 13th January 2017
staying in Constantia, Wes-Kaap
Constantia is quite central to everywhere else in Cape Town. It's quite safe, has lovely views and plenty of nearby facilities.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za