Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Struisbaai is 'n rustige kusdorp waar mens alles wat jy nodig het kan kry en lekker ontspan."
"Skoon, netjies, veilig en skilderagtig mooi, beslis een mooiste dorpe in ons land."
"Hulle kan Hart & Bosch wat op pad Groot Brak toe is beter bemark, ons het nie eers daarvan geweet nie."
"Die toeristebedryf het baie skade gely met Covid. As ons die plekke wil laat voortbestaan gaan ons plaaslik moet ondersteun. Pragtige ou huise en geboue."
"De Rust is 'n lieflike pragtige Karoodorpie met 'n paar oulike snuffel-winkeltjies. Ray's is 'n prima koffiewinkel wat ook heerlike ontbyt en ligte etes bedien. Die Grumpy Goat is gesellige kroegie waar daar lekker saam met die vriendelike locals gekuier word, die eienaars bedien lekker pizza en hamburgers ook daar. Die omliggende Meiringspoort asemrowende mooi natuurskone berge, klowe en riviertjies."
Great Brak River, Western Cape
Four Seasons Guest House"Tannie Rina se kunswerk is iets om te sien!"
"Stay at least 2 days, walk around, get to talk to locals and eat in the local restaurants."
"Rustige kusdorpie met eindelose strand, getypoel, rotse, duine, riviermond en rivier. Ietsie vir almal."
"Heerlike vars seekos gekoop in die hawe wat ons in die aand by Sea Shack gemaak het. Die vars mossels is 'n moet. Die opgradering in die hawe met winkels en restaurante is 'n groot pluspunt vir die area."
"The tiny pub in town had live music playing. It was a wonderful surprise and a great atmosphere!"
"There is not much options in terms of food, you will need to drive to close towns for better options."
"Daar is soveel mooi plekke in die omgewing om te sien en te ervaar. Jy benodig genoeg tyd en genoeg geld om aan al die aktiwiteite deel te neem."
"Daar is nie regtig iets vir ouer mense om te doen, behalwe restaurante en wynlandgoedere in die omliggende dorpe nie. Vir die jongeres is daar staproetes en perdry. Vir groepe motorfiets-entoesiaste is dit 'n ideale oornagdorpie tydens 'n wegbreeknaweek."
"Excellent tourist orientated town with lots of info and people who makes you feel welcome. Excellent museum with an excellent and touching section on the impact of forced removals of the groups area act."
"Was nie regtig in Gansbaai self nie, maar in Franskraal. Franskraal is skoon en netjies. Het baie gehou van die piekniekareas langs die see. Gansbaai is naby genoeg om kosinkopies te doen. Het heelwat plekke om in die area te besoek."